| |

AFRIFORUM MAAK NOORD-KAAP SE BLOU-EN-GROENDRUPPELUITSLAE BEKEND

AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in Noord-Kaap se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die COVID-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer.

“Ons kon vasstel dat die volgende areas: Douglas, Hartswater, Hopetown, Jan Kempdorp, Kakamas, Kathu, Kamieskroon, Keimoes, Kimberley, Kuruman, Orania, Postmasburg, Prieska, Springbok, Upington, Warrenton en Williston se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Bloudruppeluitslae

Dié uitslae dui daarop dat al die dorpe van Noord-Kaap se drinkwater wat getoets is, skoon is.

Noord-Kaap
BuffelsrivierNama Khoi PM–––Skoon––––
          
DouglasSiyancuma PM–––––SkoonSkoonSkoon
HartswaterPhokwane PM–––––––Skoon
HopetownThembelihle PM–––––SkoonSkoonSkoon
Jan KempdorpPhokwane PM–––––––Skoon
KakamasKa !Garib PM–––––SkoonSkoonSkoon
KathuGamagara PM–SkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
KamieskroonKamiesberg PM–SkoonSkoonSkoonSkoon––Skoon
KeimoesKa !Garib PM–––––SkoonSkoonSkoon
KimberleySol Plaatje PMSkoonSkoonSkoonSkoon–SkoonSkoonSkoon
KurumanGa-Segonyana PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
NababeepNama Khoi PM–––Skoon––––
OraniaOrania Dorpsraad––––Skoon–SkoonSkoon
PostmasburgTsantsabane PM–––SkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
PrieskaSiyathemba PM–––––––Skoon
SpringbokNama Khoi PM–SkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
Upington//Khara Hais PM––––SkoonSkoonSkoonSkoon
VaalhartsPhokwane PM–SkoonSkoonSkoon–SkoonSkoonSkoon
WarrentonMagareng PM–––––SkoonSkoonSkoon
WillistonKaroo Hoogland PM–––––Skoon–Skoon

Groendruppeluitslae

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 13 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Noord-Kaap
PlekMunisipaliteit20132014201520162017201820192020
DaniëlskuilKgatelopele PM–SkoonSkoon–––––
DouglasSiyancuma PM–––––––>10 000
HartswaterPhokwane PM–––––––>10 000
Jan KempdorpPhokwane PM–––––––>10 000
KakamasKai !Garib PM–– ––––>10 000
KathuGamagara PM–17 000Skoon–SkoonSkoonSkoon>10 000
KeimoesKai !Garib PM–––––––>10 000
KimberleySol Plaatje PM1 600Verwerp1 500Skoon––>1 000>10 000
KamieskroonKamiesberg PM–––Skoon–––>10 000
KurumanGa-Segonyana PM–VerwerpSkoon–Skoon>1 000Skoon>10 000
NababeepNama Khoi PM–––Skoon––––
PostmasburgTsantsabane PM––––>10 000>1 000Skoon–
PrieskaSiyathemba PM–––––––>1 000
SpringbokNama Khoi PM–1 250SkoonSkoon>1 500>1 000>1 000–
Upington//Khara Hais PM––––Skoon>2 000Skoon>10 000
VaalhartsPhokwane PM–SkoonSkoonSkoon–>1 000Skoon>1 000
WillistonKaroo Hoogland PM–SkoonSkoon––SkoonSkoon>10 000

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Douglas, Hartswater, Jan Kempdorp, Kakamas, Kathu, Keimoes, Kimberley, Kamieskroon, Kuruman, Prieska, Upington en Williston. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Smit.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Smit af.

As die bewaarder van water kom die Departement van Water en Sanitasie nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie. AfriForum versoek inwoners van die Noord-Kaap om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 32532 (R1) en steun hierdie aksie.

Word ’n lid

Maak ’n donasie

Soortgelyke plasings