|

AfriForum-gemeenskapsprojekte vervang Govan Mbeki se laksheid

AfriForum se Trichardt-Evander-Kinross-Secunda-buurtspan (oftewel die Teks-buurtspan) het in Junie meer as 36 000 vierkante meter se grondgebied skoongemaak om Secunda se netheid te verbeter. Die span het eindelik meer as 24 bakkie- en sleepwa-vragte vullis en gras verwyder.

Die buurtspan fokus hard daarop om langs hoofroetes en in groenstroke skoon te maak. Die gebiede waar die span in Junie gewerk het, is Nelson Mandela-rylaan, Lleydstraat, Steenkoolspruit- en Krokodilrivierstraat, Rietspruit- en Vaalrivierstraat, Wolwespruit- en Rietspruitstraat, Vaalrivier- en Frankfurtstraat, Bloekom- en Dennestraat en die die Davieshof-sentrum se perseel.

Hierdie AfriForum-buurtspan werk volhoubaar aan die projekte en staan maandeliks 20 dae af aan die netheid van die omgewing. Die volharding werp vrugte af met meer as 190 000 vierkante meter se grondgebied wat sedert Januarie 2025 in Secunda skoongemaak is. AfriForum is ook in kontak met ander groepe wat help om die dorp skoon te maak. Hierdie groepe fokus op verskeie hoofroetes en tel vullis op; daar is ook groepe wat inspring en gras langs die hoofroetes en in die groenstroke sny.

“Dit blyk dat meeste van die skoonmaakwerk in Secunda deur AfriForum en verskeie ander private instansies gedryf word. Dit is ’n riem onder die hart dat maatskappye en inwoners self begin omsien na die gemeenskap en nie op die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit wag nie,” sê Jan du Plessis, AfriForum se voorsitter van die Teks-tak.

Ondersteun AfriForum se Teks-tak: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings