AfriForum se onderwysprojekte
Slimkopseëninge – wen ’n jaar se skoolfonds!
Droom jy daarvan om vir ’n hele jaar lank geen skoolfonds vir jou kind te betaal nie? Met Slimkopseëninge kan jou droom waar word! Hierdie opwindende kompetisie gee aan ouers die kans om ’n jaar se skoolfonds te wen – en dis ongelooflik maklik om in te skryf!
Hoe werk dit?
- Registreer: Skryf in en ontvang jou unieke kode.
- Deel jou kode (jou kind se naam en van): Hoe meer mense jou kode gebruik, hoe groter is jou kans om te wen!
- Verdubbel jou inskrywings: Elke persoon wat jou kode gebruik, tel as ’n bykomende inskrywing vir jou.
- Wen! Die deelnemer met die meeste inskrywings wen ’n hele jaar se skoolfonds!
Wenk! Deel jou unieke kode met familie, vriende en kollegas. Hoe meer, hoe beter!
Moenie hierdie gulde geleentheid misloop nie! Skryf vandag in en staan die kans om ’n jaar se skoolfonds te wen!
Die kompetisie sluit op 25 September 2025 en die wenner word tydens die Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie se finaal aangekondig.
"*" indicates required fields
Debatsdiagnose – Jóú stem, jóú mening!
Welkom by Debatsdiagnose, waar ouers se terugvoer saak maak! Hierdie afdeling gee jou die geleentheid om jou gedagtes oor die debatskompetisie te deel – van die onderwerpe en beoordelaars tot die debatte en die algehele funksie self.
Wat kan jy hier doen?
✅ Deel jou indrukke oor die organisering en verloop van die kompetisie.
✅ Lewer kommentaar oor die debatsonderwerpe en -beoordeling.
✅ Wys enige bekommernisse of voorstelle uit wat ons in die toekoms kan verbeter.
✅ Laat weet wat jy geniet het – en wat nóg beter kan wees!
Jou terugvoer help ons om ’n debatsgeleentheid van wêreldgehalte aan te bied. Dankie dat jy jou mening lug!
"*" indicates required fields
Die spreekmeester – debatafrigter van die jaar
Alle uitstekende debatteerders het afrigters wat hul stem help vorm, hul denke slyp en hul redenasievermoë verfyn. Die spreekmeestertoekenning eer uitsonderlike debatafrigters wat jong debatteerders met passie, wysheid en toewyding na sukses begelei.
Hierdie toekenning word toegeken aan ’n afrigter wat
✅ inspirasie bied en debatteerders motiveer om hul volle potensiaal te bereik.
✅ leierskap toon deur strategieë te ontwikkel wat spanwerk, kritiese denke en selfvertroue bevorder.
✅ kennis deel en ’n diep begrip van debat, argumentasie en retoriek kweek.
✅ ’n onuitwisbare impak maak op sowel die span as die breër debatsgemeenskap.
Die spreekmeester is nie net ’n afrigter nie, maar ’n mentor, gids en ware kampioen van retoriek en argumentasie.
"*" indicates required fields