TAKSUKSESSE: JULIE 2025

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Noord van die berg

  • Die tak se buurtspan het 792 swartsakke vullis opgetel.
    • Die tak se buurtspan het 114 vragte vullis weggery.
    • Die tak se buurtspan het 3 ha gras gesny.
    • Die tak se buurtspan het boomtakke opgesnipper.
    • Die tak se buurtspan het gesnyde gras weggery.
    • Die tak se buurtspan het vyf persele in Pretoria-Noord en Montana skoongemaak.

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het altesaam 214 manure met kettingsae en bossiekappers in die hand spandeer.
    • Die tak se buurtspan het drie slaggate opgevul.

Wes-Moot

  • Taklede het gehelp met talle skoonmaakaksies en herstelwerk in Cronjépark.

Moreletapark

  • Die buurtwag het 49 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
    • Buurtwaglede het gereageer op ’n diefstalvoorval.
    • Die buurtwag het gehelp om ’n veldbrand te blus.
    • Buurtwaglede het twee keer saam met die Garsfontein GPF operasies uitgevoer.
    • Die buurtwag het leerders van ’n skool na ’n revue by die Staatsteater Pretoria begelei om hul veiligheid te verseker.

GROTER PRETORIA-SUID

Centurion

  • Die tak se buurtspan het 110 000 m² gras gesny. 
  • Die tak se buurtspan het 9 600 kg gras en vullis verwyder tydens verskeie skoonmaakprojekte. 
  • Die tak se buurtspan het 7 150 bakstene gelê tydens ’n bouprojek by die Centurion Rolbalbaan.
  • Die tak se buurtspan het 461 herwinningsakke sorteer. 
  • Die tak se buurtspan het 14 142 kg herwinningsmateriaal opgetel. 
  • Buurtwaglede het aan vyf operasies deelgeneem. 
  • Buurtwaglede het 112 patrollies gery waartydens 2 863 km in 270 manure afgelê is.  

Pionier  

  • Die buurtwag het skoolbusse na en van die Staatsteater Pretoria vergesel om leerders se veiligheid te verseker.
  • Buurtwaglede het drie inhegtenisnames help maak tydens patrollies.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied tydens die soektog na ’n vermiste kind.
  • Buurtwaglede het in Constantiapark saam met die SAPD en AfriForum se Moreletapark-tak aan ’n gesamentlike operasie deelgeneem.
  • Buurtwaglede het saam met die Tshwane-metropolisie aan ’n gesamentlike operasie teen dronkbestuur deelgeneem.
  • Die buurtwag het verskeie sekuriteitskameras aangebring in sy stryd om misdaad te bekamp.

Garsfontein 

  • AfriForum se aksiespan het 20 slaggate in Petrusstraat opgevul.
  • AfriForum se aksiespan het verskeie draf-, stap- en fietsryroetes by die Voortrekkermonument verbeter en herstel deur veral die lang gras op die roetes kort te sny.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Johannesburg-Noord

  • Die buurtwag het die Linden SAPD op patrollie vergesel. Daar is ’n definitiewe verbetering in die verhouding en samewerking tussen die tak se strukture en die Linden SAPD.
  • Buurtwaglede het ’n begraafplaaspatrollie gehou en sodoende vir inwoners die geleentheid gegee om hul afgestorwe geliefdes se grafte te besoek.

Krugersdorp

  • Die buurtwag het 2 290 km in 217 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het gereageer nadat drie erwe se hekke oopgestaan het. Die eienaars is gekontak en die hekke is veilig toegemaak.
  • Buurtwaglede het gehelp om verskeie veldbrande te blus, insluitend ’n brand by die Krugersdorp Wildtuin.
  • Buurtwaglede het ondersteuning op talle ongelukstonele gebied deur die tonele te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die tak se buurtspan het 30 sakke vullis weggery.
  • Die tak se buurtspan het 3,26 ha gras gesny.

Vanderbijlpark

  • Die tak se buurtspan het talle sakke blare in Pasteurboulevard opgetel.
  • Die tak se buurtspan het ’n skoonmaakprojek by Phoenixpark gehou waartydens twee vullisvraghouers met blare en vullis gevul is.
  • Die tak se buurtspan het 4,8 ha gras gesny.

OOS-RAND

Alberton

  • Die tak het 48 bokse ontvang vir die Tannie’s A Fireman Shoebox-projek.
  • Taklede het hul vuurvegter opgradeer.
  • Die tak se LPR-kameraprojek gaan binnekort van stapel gestuur word.
  • Taklede het ondersteuning gebied tydens ’n mediese noodgeval.
  • Die takbestuur het ’n aanlyn sessie saam met Eyes to Ears gehad.
  • Die tak het twee van sy lede vir OPS-vaardigheidsopleiding gestuur.

Benoni

  • Die tak het voortgegaan met sy slaggatherstelprojek en slaggate in die volgende strate opgevul: 18 slaggate in Oakstraat, vier slaggate in Van Rooyenstraat, drie slaggate in Leydsstraat, 21 slaggate in Lappingstraat en 15 slaggate in Jolinlaan. PD Nixon Containers was ook by die projek betrokke deur houers te skenk, terwyl die Benoni Buiteklub 100 sakke teer en Pick n Pay Oakfields 17 sakke teer geskenk het om van die projek ’n sukses te maak.
  • Taklede het ’n skoonmaakprojek op die dorp saam met Clean Projects aangepak.

Edenvale

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Mainweg in Eastleigh gehou.
  • Taklede het ’n stormwaterdrein op die hoek van Terraceweg en Hudsonstraat in Eastleigh herstel.

Germiston

  • Die tak het danksy ’n skenking deur Solheim West Enclosure (30 sakke teer) en 40 addisionele sakke teer wat die tak self aangekoop het, 14 slaggate opgevul.

Kempton Park

  • Die tak het 2,5 ton teer gebruik tydens ’n slaggatherstelprojek. Gemeenskapslede het ook hand bygesit.
  • Die tak het die voorblad van die Kempton Express gehaal danksy al sy projekte in die dorp.
  • Taklede het vullis verwyder by die plaaslike Ons Plek.
  • Die tak het ’n besoek aan Eyes to Ears in Sandton gebring.

Springs

  • Die tak het 1 100 km in 110 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het ondersteuning gebied tydens mediese noodgevalle.
  • Die tak het ondersteuning gebied op verskeie ongelukstonele deur die tonele te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Taklede het gehelp om gesteelde kabels te herwin.  
  • Die tak het ’n gesteelde spoedbord help opspoor.
  • Taklede het gereedskap wat tydens huisbrake gebruik word gekonfiskeer.
  • Die tak het gereageer op ’n poging tot brandstigting.
  • Die tak se brandspan het drie brande help bestry en sodoende verhoed dat ernstige skade aan die onderskeie eiendomme aangerig is.

MPUMALANGA

HOËVELD

Bethal

  • AfriForum se noodwaterpunte by die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Christelike Kerk is deur inwoners gebruik tydens wateronderbrekings in die dorp.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
  • Taklede het skoonmaakprojekte op verskeie plekke in die dorp van stapel gestuur. Padtekens is oorgeverf en lang gras is kort gesny. Nagenoeg 30 sakke vullis is ook opgetel en weggery. Dit vorm deel van die Bethal Trots-inisiatief wat deur AfriForum geloods is en sluit die volgende areas in:
  • Du Plooystraat agter Tops-drankwinkel
  • Op die hoek van Du Plooy- en Andersonstraat
  • Agter die Bethal-polisiestasie se selle
  • Die tak het voortgegaan met sy regstryd om voldoende watervoorsiening vir Bethal se inwoners te verseker, hoewel daar tans weer water in die dorp is.
  • Taklede het 50 sakke teer gebruik om slaggate in Tsibitso Sibanyoni-, Malherbe- en Wockestraat op te vul.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die tak se buurtspan het nagenoeg 34 000 m² skoongemaak waartydens 14 vragte vullis verwyder is. Dit sluit die volgende areas in:
    • Leydsstraat
    • Davieshof-sentrum
    • Munchenstraat
    • Rietspruitstraat
    • Steenkoolspruitstraat
    • Wolwespruitstraat
    • Krokodilrivierstraat
    • Paardekraalstraat
  • Die tak het tot dusver vanjaar al 225 000 m² se skoonmaakprojekte aangepak.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het vier verdagtes vir verskeie voorvalle in hegtenis geneem.
  • Delmas Valke-buurtwaglede het een gesteelde voertuig opgespoor.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het drie voertuie opgespoor wat gebruik is in die pleeg van misdade.
  • Delmas Valke-buurtwaglede het in samewerking met ander rolspelers ongeveer 50 ton se gesteelde mielies opgespoor.
  • Die Delmas Valke-buurtwag se mediese span het ondersteuning gebied by 17 voorvalle totdat nooddienste oorgeneem het.

Ermelo en Chrissiesmeer

  • Taklede het 83 sakke vullis uit die AfriForum-vullisdromme verwyder. ’n Totaal van 266 sakke is tot dusver vanjaar al verwyder.

Standerton

  • Die buurtwag het verskeie patrollies en sigbaarheidsinisiatiewe saam met Kasselman Sekuriteitsdienste aangepak.
  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van drie brande.
  • Die tak het voorbereidingswerk by die dorp se skougronde voortgesit vir die opkomende Standerton Landbouskou.
  • Taklede het parkeerstrepe vir gestremde motoriste voor die dokters se spreekkamers geverf.

Middelburg

  • Die MidWit-buurtspan het 13 spoedhobbels in die dorp oorgeverf.
  • MidWit-buurtspanlede het stopstrepe op twee plekke in Middelburg oorgeverf.
  • Die MidWit-buurtspan het ses voetoorgange in die dorp oorgeverf.

Witbank

  • Die MidWit-buurtspan het 17 spoedhobbels in die dorp oorgeverf.
  • MidWit-buurtspanlede het vyf voetoorgange in Witbank oorgeverf.
  • Die MidWit-buurtspan het die padstrepe voor twee skoolkruisings in die dorp oorgeverf.
  • MidWit-buurtspanlede het stopstrepe op twee plekke in Witbank oorgeverf.

LAEVELD

Nelspruit

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het vier van sy lede vir brandbestrydingsopleiding by LEFPA gestuur.
  • Taklede het weekliks ses asblikke in Melkweg- en Enterprisepark leeggemaak.
  • Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.
  • Die tak se buurtspan het gras op die hoek van Skylab- en Enterprisesingel gesny.
  • Die buurtwag het op twee ongelukstonele ondersteuning gebied deur die tonele te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.  

Lydenburg

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van twee veldbrande in die omgewing.

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte het nagenoeg 5 000 liter water aan die dorp se inwoners voorsien tydens watertekorte.
  • Taklede het in samewerking met die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit tien asblikke leeggemaak.
  • Die tak het druk op die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit geplaas deur te verseker dat herstelwerk op rioolpompstasies gedoen word soos uiteengesit in ’n hofbevel wat AfriForum teen die munisipaliteit verkry het.

Machadodorp

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het agt slaggate in Kerkstraat opgevul.
  • Die tak se noodwaterpunte is deur die dorp se inwoners gebruik tydens watertekorte.
  • Die tak se noodwaterpunte het nagenoeg 6 000 liter water aan die dorp se inwoners voorsien tydens watertekorte.
  • Die tak se nuwe noodwaterpunt het die dorp se brandbestrydingsvermoë aansienlik verbeter soos ervaar tydens die bestryding van ’n veldbrand op Slagthoekweg.

Witrivier

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van ’n brand naby die Witrivier Rugbyklub.

LIMPOPO

Naboomspruit    

  • Buurtwaglede het saam met die plaaslike SAPD aan ’n operasie deelgeneem.

Warmbad

  • Die tak het Apiesdoringpark skoongemaak.
  • Taklede het saam met AfriForum Jeug rondom die plaaslike kliniek skoongemaak.
  • Die tak het gehelp om munisipale tuine skoon te maak.

Nylstroom

  • Die tak het slaggate in die dorp met 3 ton teer opgevul.
  • Taklede het in samewerking met Aksie Opknap aan ’n grassnyprojek deelgeneem.

Phalaborwa

  • Die tak het verskeie bome opgesaag.

Potgietersrus  

  • Die buurtwag het ’n patrollie saam met AfriForum Jeug gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het 150 sakke teer gebruik om slaggate in die dorp op te vul.
  • Buurtwaglede het saam met die plaaslike SAPD aan ’n operasie deelgeneem.

Messina

  • Die tak het die Limpoporivier se water getoets.

Pietersburg

  • Die Pietersburg-Suid-plaaswag het brande in die omgewing help blus.

Thabazimbi

  • Die tak het in samewerking met AfriForum Jeug talle slaggate in die dorp opgevul.
  • Taklede het 400 sakke teer op slaggatherstelprojekte gebruik deur die loop van die maand.
  • Die tak het nuwe spoedhobbels in die dorp aangebring.
  • Taklede het talle sypaadjies en parke in Thabazimbi skoongesny.
NOORDWES   MOOIRIVIER   Klerksdorp Die tak het skrywes aan die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit gerig omdat hul kennisgewings nie aan die wetlike vereistes voldoen nie.Songloed-buurtwaglede het opleiding by die brandweer ontvang oor hoe om brande te blus. Die tak het 11 spoedhobbels in vyf strate oorgeverf.   Potchefstroom Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Die tak het 625 kg teer gebruik om twee reuseslaggate – wat 6,34 m² voor die Snowflake-venue beslaan het – op te vul. Die tak se buurtspan het tuinbeddings by die Totius-huismuseum reggeruk. Die tak se buurtspan het twee meenthuiskomplekse – San Michelle en Villa Louanne – se gras gesny. AfriForum se plaaslike sakenetwerk het ’n “safari-besoek” aan ondernemings gebring en “kragpakkies” aan hulle oorhandig.   Stilfontein Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies (soos elektrisiteitsprobleme en die toestand van die dorp se parke) by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.   MARICO   Rustenburg Die tak het talle instandhoudingsprojekte in verskeie woonbuurte uitgevoer deur veral kleiner, oppervlakkige slaggate met sowat 300 kg teer op te vul. Ongeveer 20 liter wit en geel verf is ook gebruik om padmerke en spoedhobbels oor te verf.   Zeerust Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek by die Burghermonument op die dorp. Taklede het in totaal 1 600 m² gras gesny, waarna een streepsak gras, blare, takke en ander tuinrommel opgeruim en in ’n sleepwavrag weggery is.   Lichtenburg Taklede het vanjaar al 14,5 ton teer gebruik om strate te herstel en padveiligheid te verbeter. 130 sakke teer (3,2 ton) is gedurende Julie gebruik om 139 slaggate op te vul.   Coligny Die tak het twee bakkievragte tuinrommel en vullis weggery tydens ’n instandhoudingsprojek in Voortrekkerstraat.   STELLALAND   Delareyville Die tak het skouer aan die wiel gesit om seker te maak dat die dorp se strate veiliger vir alle motoriste is. Taklede het in samewerking met B&R Motors meer as 250 slaggate in die dorp opgevul en tien spoedhobbels aangebring om die paaie se toestand te verbeter. Die gemeenskap van dié dorp kon nie langer toekyk hoe motoriste se voertuie beskadig word nie, daarom bedank die tak graag B&R Motors, asook elke ander onderneming en individu wat besluit het om self iets aan die probleem te doen. Taklede het twee parke in onderskeidelik Proteastraat en Geelhoutlaan se gras gesny aangesien dit ’n ernstige veiligheidsrisiko ingehou het omdat dit so lank was.   Sannieshof In Sannieshof word sinkslote (French drains) nie gereeld deur werknemers van die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit skoongemaak nie, wat veroorsaak dat rou riool in inwoners se erwe opstoot. Hierdie gebrek aan onderhoud het gelei tot skade aan nabygeleë eiendomme, insluitend gevalle waar die riool die plaveisel opgelig en aansienlike skade aan inwoners se tuine veroorsaak het. In ’n brief aan die munisipaliteit het AfriForum die munisipaliteit versoek om die probleem spoedig op te los en om oplossings te verskaf om te voorkom dat dit in die toekoms weer gebeur.   Ottosdal Intussen gaan inwoners van Ottosdal gebuk onder watertekorte omdat daar probleme is met die pompe wat water aan die dorp moet verskaf. In ’n brief het AfriForum die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit gevra om dringend aandag aan die probleem te gee. Die organisasie het verder versoek dat alternatiewe oplossings ingestel moet word om tydelike verligting vir die dorp te bring.   Christiana Die tak het onverpoosd gewerk om dié dorp skoon te kry én ’n beter leefomgewing vir die hele gemeenskap te skep. Taklede het by vyf verkeerseilande in die dorp aangegaan en vullis opgetel en verwyder. Hierdie onkruid was op plekke so dig dat dit motoriste se sigbaarheid beïnvloed het. Meer as 2 ton vullis is uiteindelik verwyder.      VRYSTAAT   MOOIRIVIER   Bothaville Die buurtwag het nagenoeg 30 patrollies deur die loop van die maand gery om hul gemeenskap te beveilig. Buurtwaglede het gehelp met die inhegtenisname van ’n inbreker en verkragter.   Heilbron Die tak het akkurate inligting ingesamel oor sowel die beskikbaarheid as die onbeskikbaarheid van water in die dorp.   Parys Taklede het in samewerking met AfriForum Jeug 0,75 ton teer gebruik om 15 slaggate op te vul. Die tak het ’n meningsopname onder inwoners gedoen oor die dienslewering van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit. Die gemeenskap voel dat sowel die burgemeester as die munisipale bestuurder moet bedank. Die tak het ’n skrywe aan die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit gerig oor die feit dat inwoners nie water of krag het nie. Die tak het ’n skrywe aan die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit gerig oor die talle verkeersligte wat buite werking is en wat gelei het tot die dood van twee mense.   Sasolburg Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek. Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery by die noodapteek. Die tak het in samewerking met AfriForum Jeug ’n groot groenstrook (3,5 ha) langs die R59-snelweg skoongemaak waartydens twee vragte vullis weggery is. Die tak het ’n skrywe aan die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit gerig oor die oprigting van onwettige kommunes. Die tak het ’n skrywe aan die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit gerig oor die laat kennisgewing van vergaderings, asook om beswaar aan te teken oor die hersoneringsproses.   Viljoenskroon Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Die buurtwag se protospan het opleiding ontvang. Die tak het ’n skrywe aan die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit gerig oor onwettige rioolstorting.   HOOGLAND   Bethlehem Die tak het 6 800 m² gras gesny.Taklede het 500 kg teer gebruik om 10 m² se slaggate op te vul. Die tak het verskeie padmerke oorgeverf. Taklede het 1 ton bourommel weggery wat die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit in ’n inwoner se oprit gelaat het ná die herstel van ’n waterlek.   Reitz Taklede het die plaaslike krieketveld skoongemaak.   Kroonstad Die tak het die plaaslike konsentrasiekampterrein skoongemaak.   Welkom Geen   ROSESTAD   Algemeen Volhoubare skoonmaakprojekte is by die volgende plekke gehou:Ou PresidensiePres. Brand-begraafplaasBritsmonument Park in Wilgehof Park in Lucas Steynweg AfriForum-park in Pellissier   AfriForum Vullisverwydering Personeel het ’n totaal van 3 159 sakke vullis opgetel en weggery. Die AfriForum Vullisverwyderingspan het bemarkingsaksies by die volgende plekke gehou:Op die hoek van Vereenigingrylaan en CurielaanBy die Pick n Pay The Towers in Langenhovenpark (op die hoek van Du Plessis- en Elias Motsoaledistraat)Op die hoek van Pellissierrylaan en Curielaan   AfriForum Jeug/Kovsies AfriForum Jeug se Kovsies-tak het ’n bewusmakingsaksie saam met verskeie buurtwagte, sekuriteitsmaatskappye en nooddienste gehou tydens Nasionale Jeugdag.   Gemeenskapsveiligheid AfriForum-lede het ’n bewusmakingsaksie oor mensehandel gehou om die gemeenskap oor die gevare daarvan in te lig.   #HerstelEnVersnel AfriForum se Bloemfontein-buurtspan het ’n groot skoonmaak-en-grassnyaksie by die park in Wynand Moutonrylaan in Universitas gehou. Hulle het ’n trekker en tuingereedskap gebruik om ’n oppervlakte van ongeveer 20 619,22 m² op te knap.Die Bloemfontein-buurtspan het Olievenhoutpark se gras met ’n trekker kort gesny.Die Bloemfontein-buurtspan het drie velde in Langenhovenpark met ’n trekker gesny.Die Bloemfontein-buurtspan en vullisverwyderingspan het Langenhovenpark se strate skoongemaak ná kwaadwillige dade deur boosdoeners. Talle swartsakke is oopgeskeur, wat ’n groot gemors in die strate agtergelaat het.   AfriForum Brandbestryding Lede van AfriForum se gemeenskapsgebaseerde vrywillige brandbestrydingseenheid het in samewerking met die Mangaung-metro (wyk 26), Transnet HAZMAT en Brand, die AfriForum 911 Reaksie-eenheid (S1) en ander belanghebbendes ’n strategiese beheerde brand uitgevoer op ’n oop veld met plantegroei langs ’n spoorlyn. Die operasie is veilig en verantwoordelik uitgevoer, waarna ’n brandpermit deur MAFPA uitgereik is.   Protospanopleiding Die onderskeie buurtwagte in Bloemfontein het 22 van hul protospanlede vir opleiding gestuur.   AfriForum Gemeenskapveiligheidsentrum en AfriForum 911 Reaksie-eenheid Die GVS en reaksie-eenheid het ondersteuning gebied tydens vyf inhegtenisnames.Die GVS en reaksie-eenheid het gehelp met die blus van 14 brande.Die GVS en reaksie-eenheid het gereageer op drie huisrooftogte/inbrake.Die GVS en reaksie-eenheid het ondersteuning gebied by 20 mediese noodgevalle en sodoende ’n belangrike ondersteuningsrol gespeel teenoor nooddienste. Die GVS en reaksie-eenheid het gehelp om ’n motorkaping te fnuik. Die GVS en reaksie-eenheid het op 99 noodgevalle gereageer.   Wilgehof AfriForum se gemeenskapsveiligheidstrukture het weereens bewys dat samewerking tussen die gemeenskap en veiligheidsdienste ’n sleutelrol speel in die bekamping van misdaad. AfriForum se GVS-beheerkamer het ’n oproep ontvang van ’n waaksame AfriForum-buurtwaglid wat op ’n groot hoeveelheid dagga afgekom het wat in ’n boom versteek was naby ’n sakesentrum in Universitas. AfriForum 911 se reaksie-eenheid is onmiddellik geaktiveer en het vinnig op die toneel ondersteuning gebied. Die SAPD Parkweg het ook binne minute op die toneel opgedaag.Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.   Uitsig Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.   Hospitaalpark Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.   Bloemfontein-Noord (landelik) Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.   Bloemfontein-Noord (stedelik) Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie. Taklede het die volgende parke se gras gesny:Park in NanteswegPark in AlsacestraatModenso ParkPark in Ryk Tulbachstraat Voor die brandweer en kliniek in Bayswater   Langenhovenpark Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.   Fichardtpark Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.   Pellissier AfriForum-buurtwaglede het vlugtig gereageer nadat inligting ontvang is oor ’n huisbrand in Pellissier. ’n Verdagte is in Vereenigingweg aangekeer nadat gesteelde items en wapens in sy besit gevind is. Die SAPD is gevolglik ontbied.Die doeltreffende samewerking tussen die AfriForum 911 reaksie-eenhede en die SAPD het weer die waarde van gemeenskapsinisiatiewe en georganiseerde buurtwagte in misdaadbekamping beklemtoon. Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.   Rayton-Heuwelsig Die buurtwag het ’n gemeenskapsvergadering by die AfriForum Gemeenskapveiligheidsentrum gehou.Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.    

WES-KAAP

Cederberg

  • Die tak het elke Maandag ’n skoonmaakprojek langs die kuslyn van Lambertsbaai (wat sowat 2 km strek, vanaf die visfabriek tot by die kampterrein) gehou. Tydens hierdie projek word alle vullis wat oor die naweek op die strand gelos is of uitgespoel het, opgetel en verwyder.
  • Taklede het weekliks ’n skoonmaakprojek by al die piekniekplekke in Lambertsbaai gehou sodat dit skoon en netjies vir toeriste en vakansiegangers is.
  • Die tak het 28 addisionele vullisdromme in die dorp en veral rondom die Laerskool P.W. de Bruin aangebring.

Durbanville

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery – veral in die sentrale sakekern – om hul gemeenskap te beveilig. ’n Totaal van 25 patrollies is in 80 manure afgelê.
  • Die buurtwag se protospan het in samewerking met die SAPD aan ’n operasie deelgeneem wat op dwelmhuise in Fisantekraal en Morningstar gefokus het.
  • Die buurtwag het ’n suksesvolle opleidingsgeleentheid gefasiliteer waartydens ’n kandidaat as spanleier vir die inligtingspan gesertifiseer is.
  • Die tak het saam met die Durbanville SAPD ’n opknappingsprojek aangepak waartydens dié polisiestasie se voortuin getransformeer is. ’n Totaal van 32 ton klip is gebruik om ’n lae-onderhoudtuin aan te lê.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Agt lede van die tak is opgelei as spanleiers van hul onderskeie inligtingspanne.

Kraaifontein

  • Taklede het aan ’n opruim-en-skoonmaakprojek deelgeneem waartydens hulle parke skoongemaak en gras gesny het. Die twee parke, asook die ingange daarvan word tweeweekliks in stand gehou.
  • Die Sektor 4B-buurtwag het saam met die SAPD en wetstoepassingsbeamptes deurlopend patrollies gery waartydens talle suksesse behaal is.  

Malmesbury

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het CapeNature en die SAPD ondersteun tydens ’n ondersoek wat tot die inhegtenisneming van verdagtes gelei het wat betrokke was by die smokkel van wilde plante ter waarde van R9,2 miljoen.
  • Taklede het in samewerking met die SAPD en danksy die tak se kamerastelsel ’n gekaapte vragmotor en gesteelde kontant opgespoor en herwin.

Weskus

  • Die Hopefield-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het hul hommeltuig ingespan om te help om vier verdagtes wat by lemoendiefstal betrokke was, te soek. Die hommeltuig is ook gebruik om verdere diefstalle in die gebied te voorkom.

Helderbergkom

  • Die Gordonsbaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het gehelp om Bikinistrand te verfraai en op te knap deur vetplante te plant en mure te verf.
  • Taklede het skoonmaakmiddels aan die Gordonsbaai SAPD oorhandig. Die tak het ook tuindienste gehuur om die polisiestasie se gras te sny. Die polisiestasie het onderneem om voortaan self hul stasie binne en buite netjies te hou.
  • Die tak het die Youth Crescent-park opgeknap deur rommel te verwyder en vetplante in blombeddings te plant.

Overstrand

  • Die Alfa-, Pearly Beach- en Franskraal-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. Geen ernstige insidente is tydens die patrollies aangemeld nie.

Paarl

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Stellenbosch

  • Die Stellenbosch-buurtwag en Groot Drakenstein-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Strand

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op verskeie ongelukstonele deur die tonele te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede het die SAPD gehelp in die uitvoering van ’n inhegtenisname.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het hulle goed van hul taak gekwyt om ’n historiese huis in die middedorp wat vervalle was en deur vermoedelik dwelmverslaafdes en prostitute oorgeneem is te ondersoek en ’n klag van betreding by die SAPD aanhangig te maak. Die betreding het nabye ondernemings en inwoners uiters negatief beïnvloed.
  • Die tak het saam met plaaslike wetstoepassingsowerhede en raadslede gewerk om ’n area langs Meiringspark – bekend as “Indringerbos” – van onwettige immigrante te bevry wat hulle daar gevestig het. Taklede het die area ook gevolglik skoongemaak en beveilig.

Theewaterskloof

  • Die tak het ’n PAIA-aansoek by die munisipale bestuurder ingehandig om meer lig te werp op ’n onwettige vullisterrein en rioolstelsel. Menige korrespondensie is al in verband hiermee aan die Theewaterskloof Plaaslike Munisipaliteit gerig, maar dit het ongelukkig op dowe ore geval.

George

  • Die Geelhoutboom-, Herold- en Kammanassie-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag en die Victoriabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die George-tak het hul hommeltuig ingespan en saam met die SAPD na ’n vermiste man gesoek.
  • Die Victoriabaai-buurtwag was ook betrokke by bogenoemde soektog na ’n vermiste man.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Albertinia-plaaswag het ondersteuning gebied tydens ’n soektog na ’n vermiste persoon in Stilbaai
  • Die Albertinia-plaaswag het ’n paraatheidsoudit uitgevoer om hul plaaswag se paraatheid op te skerp

Kaap Agulhas

  • Struisbaai-buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Struisbaai-buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in die dorp deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Struisbaai-buurtwaglede het ’n betreder op privaat eiendom aangekeer en aan die SAPD oorhandig.
  • Die Struisbaai-buurtwag het ‘n paraatheidsoudit uitgevoer om hul buurtwag se paraatheid op te skerp

Knysna

  • Taklede het voortgegaan met die derde fase van hul deurlopende padherstelprojek langs die N2-snelweg, met ’n spesifieke fokus op die padreling.
  • Die tak het deurlopend die badkamers by die Sedgefield-meer onderhou.
  • Taklede het gehelp om grondgrype in Karatara te voorkom.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana-, Groot Brak-, Midbrak- en Danabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Glentana-buurtwag het ’n paraatheidsoudit uitgevoer om hul buurtwag se paraatheid op te skerp.
  • Die Midbrak-buurtwag het ’n paraatheidsoudit uitgevoer om hul buurtwag se paraatheid op te skerp
  • Die tak het begin om ’n taktiese beheerkamer vir sy buurtwagte in te rig.
  • Die Midbrak-, Groot Brak-, Glentana- en Danabaai-buurtwag het ondersteuning gebied tydens die soektog na ’n vermiste man.
  • Die tak het hul hommeltuig ingespan om saam met die SAPD na ’n vermiste man te soek.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het die Luscombe- en Middelstraat-park gereeld onderhou.
  • Die tak het ’n skoleveiligheidsoudit by die Jubilee Montessori-skool uitgevoer.
  • Die tak het ’n paraatheidsoudit uitgevoer om die paraatheid van hul buurtwagte op te skerp.
  • Die Oudtshoorn-buurtwag het gehelp om betreders aan te keer.
  • Oudtshoorn-buurtwaglede het gehelp om drie inbrekers aan te keer.
  • Taklede het 48 slaggate in Simpsonstraat opgevul.

Langeberg

  • Die Ashton-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het verf en sement geskenk om ’n huis in Ashton op te knap waar slagoffers van geslagsgebaseerde geweld gehuisves word.  

Swellendam

  • Die Swellendam- en Barrydale-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Swellendam-buurtwag het ’n paraatheidsoudit uitgevoer om die paraatheid van hul buurtwag op te skerp.
  • Die Barrydale-buurtwag het vlak 1-opleiding in regsaspekte ontvang.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het opleiding oor takadministrasie en -finansies in Oos-Londen ontvang.

Cradock

  • Taklede het talle slaggate in die dorp opgevul.
  • Die tak het ’n ooreenkoms met die plaaslike gemeenskapsforum aangegaan om saam te werk en noodsaaklike dienste in die dorp te verbeter. Sodoende kan die tak probleme identifiseer en dit dan met behulp van die forum regstel tydens ’n gesamentlike projek.

Jeffreysbaai

  • Die tak het opleiding oor takadministrasie en -finansies ontvang.
  • Die tak het gemeenskapslede probeer aanmoedig om misdaadverwante sake by die SAPD aan te meld. Dit is deur Vispol verwelkom.
  • Die tak het die tweede fase van sy veiligheidskameraprojek afgeskop waartydens ’n addisionele 30 kameras in die dorp aangebring sal word.

Oos-Londen

  • Die tak het ’n padherstelprojek in Kwelera van stapel gestuur.
  • Die tak het opleiding oor takadministrasie en -finansies ontvang.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive-, Broadwood- en Sherwood-buurtwag, asook die Colchester-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Thornhill-plaaswag het deurlopend patrollies rondom die plase in die omgewing gery om inwoners te beveilig.
  • Die Walker Drive-buurtwag het op twee geleenthede sy hommeltuig ingespan om die SAPD tydens operasies te ondersteun.
  • Walker Drive-buurtwaglede was by ’n skoonmaakprojek in Rowallanpark betrokke. Hulle het bome en takke verwyder, asook 4 ha gras gesny.
  • Die Colchester-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.  
  • Colchester-buurtwaglede het talle skoonmaakprojekte van stapel gestuur.
  • Die Colchester-buurtwag het ’n werwingsaksie by hul plaaslike Spar gehou.
  • Colchester-buurtwaglede het die gebied rondom die Laerskool Kinkelbos skoongemaak.

Uitenhage

  • Die Mosel-buurtwag en Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het drie parke in die dorp skoongemaak waartydens ongeveer 3 ha gras gesny is.
  • Die Mosel-buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel nadat ’n motoris ’n bees getref het. Buurtwaglede het die toneel beveilig, nooddienste ontbied en verkeer gereguleer. Buurtwaglede het ook die eienaar van die bees opgespoor en kon sodoende verseker dat die eienaar aanspreeklik gehou word vir die skade.
  • Mosel-buurtwaglede het op ’n alarm in Ross Gradwellstraat gereageer en die perseel beveilig totdat die SAPD opgedaag het.
  • Die Mosel-buurtwag is deur die DA en SAPD om hulp genader om ongewenste elemente uit ’n sekere gebied te verwyder.
  • Mosel-buurtwaglede het voertuie beveilig tydens ’n funksie by die Riebeek College Girls’ High School.
  • Die Mosel-buurtwag het ondersteuning gebied tydens ’n motorongeluk deur een van die bestuurders wat probeer weghardloop het aan te keer. Dié bestuurder is aan die SAPD oorhandig en van dronkbestuur aangekla.
  • Die Mosel-buurtwag was betrokke by ’n skoonmaakprojek in Caledonstraat.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf