|

Oud en jonk én diere baat uit AfriForum-Kersrit in Benoni

AfriForum se Benoni-tak het Saterdag 7 Desember hul jaarlikse Kersrit gehou en ’n onvergeetlike dag van liefde, vreugde en samehorigheid geskep. Die Kersrit, wat in 2020 begin is, het gegroei tot ’n projek wat ’n diepgaande verskil in die gemeenskap maak.

Hierdie jaar het die tak Kersvader na sewe kinderhuise, een ouetehuis en ’n dierebeskermingsorganisasie op sy slee geneem om geskenke, lekkergoed en bederfies uit te deel. Daar is by die Abraham Kriel Kinderhuis, Huis Endeo, Colin House, Huis Thandi, Sinethemba-kinderhuis, iKhaya da Luz-kinderhuis, Huis Charis-jeugsorgsentrum, Shady Pines-ouetehuis en TAG-diereskuiling stilgehou. Kersvader het ook kinders van die omliggende gemeenskap met geskenke en lekkernye by elke stopplek verras.

Die AfriForum-tak in Benoni is dankbaar vir die ongelooflike ondersteuning van komiteelede, rolspelers en borge in die gemeenskap wat hierdie projek moontlik gemaak het. “Elke jaar probeer ons hierdie projek groter en beter maak. Die liefde en toewyding van ons gemeenskap en vennote bewys dat ons saam ’n verskil kan maak,” sê Jurie Ferreira, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

’n Spesiale dank aan Graham Gillespie van Romans Pizza vir die pizza-skenking en Yolandie Palmer van Benoekie vir die Kersfees-kolwyntjies vir die kinders en bejaardes.

Die tak bedank ook die volgende rolspelers wat saamgespan het om die dag onvergeetlik te maak: ER24, Life 1, Fidelity SecureFire, PRS-sekuriteitsdienste, NoJack-voertuigopsporing, SuperCops-sekuriteit, Black Hawk SA-sekuriteit, Fire Rescue N8, Legendary Guardians Exclusive Protection-sekuriteitsdienste, Graphite Security, D.O.T. Towing and Recovery, die Toy Run-komitee en TSSA (Trauma Support South Africa)-kapelanediens.

“Hierdie Kersrit herinner ons aan die krag van die gemeenskap en hoe klein gebare groot verskille kan maak. Met die regte ondersteuning en samewerking kan ons ’n groot verskil in ’n gemeenskap maak,” sluit Ferreira af.

Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak by AfriForum se Benoni-tak se projekte, besoek die Facebook-groep, kontak 084 976 1234 of sluit aan by www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings