|

Huis Namakwaland gepantser teen siektes ná AfriForum vitamiene skenk

Die AfriForum-tak in Springbok het op 5 Junie drie maande se vitamiene-voorraad aan die nagenoeg 120 inwoners en werknemers van Huis Namakwaland geskenk. Die Springbok-tak se skenking van vitamiene is ’n jaarlike instelling sedert die Covid-19-pandemie en word moontlik gemaak deur AfriForum-lede se finansiële bydraes.

“Hierdie jaarlikse inisiatief is daarop gemik om na die welstand van die bejaardes en verswaktes in ons gemeenskap, sowel as dié wat hulle versorg, om te sien. Ons gee om vir ons senior burgers en hul versorgers,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Besoek www.wordlid.co.za om by ’n AfriForum-tak aan te sluit.

Soortgelyke plasings