Durbanville-sakenetwerk help hegte bande tussen Afrikaanse ondernemings smee
AfriForum Sakenetwerk se nuutgestigte plaaslike sakenetwerk in Durbanville het die afgelope naweek (11 April) amptelik dié sakenetwerk aan die publiek bekend gestel en daarmee saam sy eerste netwerkgeleentheid by Chocolat Bistro aangebied. Sakelui van nagenoeg 25 ondernemings het die geleentheid bygewoon en bande gesmee om hul plaaslik ekonomie nóg verder uit te bou.
Die geleentheid het voorsiening gemaak vir plaaslike entrepreneurs om ’n netwerk van eendersdenkende individue te leer ken, idees te ruil om Afrikaanse handelsmerke in die noordelike voorstede van Kaapstad te versterk en nuwe samewerkingsgeleenthede te ondersoek.
“Wanneer entrepreneurs mekaar leer ken en ondersteun, word daar nie net ’n netwerk gebou nie, maar ’n sterk gemeenskap met ’n volhoubare toekoms,” sê Azaan van Eeden, voorsitter van AfriForum se Durbanville-sakenetwerk.

Dié plaaslike sakenetwerk beywer om entrepreneurs verbonde aan verskillende sakeondernemings aan mekaar voor te stel, hulle op te bou én by te staan wanneer uitdagings oor hul pad kom. Die Durbanville-bestuur wil veral daarop fokus om ’n spasie te fasiliteer waar verskillende entrepreneurs verhoudings met mekaar kan bou. Sodoende groei ondernemings asook die plaaslike ekonomie.
“Ondernemings is die hart van ’n gemeenskap. Wanneer plaaslike ondernemings floreer, floreer die hele gemeenskap,” sê Jurie Ferreira, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Weskus. “Dis inspirerend om te sien hoe Afrikaans as ’n saketaal met trots uitgeleef word.”
AfriForum se Durbanville-sakenetwerk gaan by sy volgende geleentheid op 21 Mei, Afrikaans as ’n 100 jaar oue taal vier, asook die Tinteltong Toekennings, wat hierdie jaar nege jaar oud is, tydens dié geleentheid aanbied. Die sakenetwerk nooi sakelui uit om ’n uitsonderlike onderneming vir die Tinteltong Toekennings te nomineer. Klik hier om nominasies in te dien.
Kontak Azaan van Eeden (082 725 4888) of Deon de Jager (066 562 2150) om meer oor AfriForum Sakenetwerk se plaaslike sakenetwerk in Durbanville te wete te kom.