| | |

AfriForum wens koning Misuzulu geluk met historiese hofoorwinning

Klankgreep: Barend Uys (Afrikaans)
Klankgreep: Barend Uys (Engels)

AfriForum wens koning Misuzulu kaZwelithini geluk met die historiese oorwinning wat behaal is met die uitspraak van die Konstitusionele Hof op 20 Februarie 2026, wat verlof tot appèl aan prins Simakade geweier het. Dit bring die uitgerekte hofstryd oor die Zoeloe-koningskap wat sedert koning Misuzulu se troonbestyging in 2022 gewoed het, tot ’n einde.

“AfriForum wens koning Misuzulu van harte geluk met hierdie historiese oorwinning. AfriForum is dankbaar vir die geleentheid vir die herstel van waardigheid van kulturele leierskap, stabiliteit binne die Zoeloe-kultuurgemeenskap en toekomsgerigte fokus op ontwikkeling wat deur die uitspraak geskep is. Ons hoop van harte dat die Zoeloe koninklike familie, tradisionele leiers en die Zoeloe-volk in die breë hul heelhartig by koning Misuzulu sal skaar en sal saamwerk om die welstand en vooruitgang van hul kultuurgemeenskap te verseker,” sê Barend Uys, hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum.

“Dit sal vir AfriForum ’n voorreg wees om steeds met koning Misuzulu, amakhosi en izinduna saam te werk om voetsoolvlak selfstandigheid en ontwikkeling van Zoeloe-gemeenskappe te bevorder en goeie verhoudings en samewerking, op die grondslag van wedersydse erkenning en respek, tussen die Zoeloe- en Afrikaner-kultuurgemeenskappe te verseker,” sluit Uys af.

Soortgelyke plasings

Ons is Afrikaners