AfriForum sorg vir groener toekoms by laerskool
Die AfriForum-tak in Langeberg het op 26 November 20 bome aan H. Venter Primêr in Ashton geskenk, as deel van die tak se boomplantprojek.
Die bome, wat uit tien perske- en tien appelkoosbome bestaan, sal by die skool geplant word en deur die leerders onderhou word. Die bome is spesifiek gekies omdat dit goed sal aard in die omgewing en vir nog baie jare vrugte sal lewer.
Die bome is metafories aan die AfriForum-tak se doel om aan die gemeenskap se toekoms en ’n nalatenskap vir die volgende generasie te bou. Die tak fokus nie net op die hede nie maar ook op die toekoms in geheel. “Ons dink nie net aan onsself nie, maar ook aan die volgende geslag. Ons plant bome sodat ons kinders die skadu (en vrugte) daarvan kan geniet,” sê Marthinus Erasmus, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.
AfriForum se Langeberg-tak het onlangs die natuurtuin in Bonnievale ook opgeknap en wandelpaadjies uitgelê, aangesien dié tak op die groter Langeberg-area fokus. “Ons nooi graag die gemeenskap uit om betrokke te raak en ons te help om meer sulke projekte in hul gemeenskap te doen,” sê Erasmus.
Stuur ’n e-pos na marthinus.erasmus@afriforum.co.za of skakel hom by 081 216 9602.