|

AfriForum se Delportshoop-tak herstel 85 slaggate eensklaps

AfriForum se Delportshoop-tak het op 15 Julie met groot sukses ’n gemeenskapsinisiatief voltooi deur 85 slaggate in Delport- en Hanekomstraat te herstel. Hierdie strate is van kritieke belang vir die inwoners, aangesien dit toegang bied tot die plaaslike skool, munisipale kantore en ander noodsaaklike dienste.

Altesaam vyf sakke 50 kg se sement is gebruik om die slaggate te herstel.

Volgens Ben Venter, ondervoorsitter van AfriForum se Delportshoop-tak, is die projek deel van die organisasie se verbintenis om dienslewering te ondersteun en die lewensgehalte van plaaslike gemeenskappe te verbeter. “Ons glo dat gemeenskapsorganisasies ’n kritieke rol speel om ons dorpe veiliger en netjieser te maak. Hierdie projek is ’n voorbeeld van hoe ons as burgerlike samelewing ons bydrae kan lewer,” sê sy.

“Ons het hierdie projek met goeie bedoelings aangepak — nie om die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit se werk oor te neem nie, maar om dit aan te vul en ons gemeenskap te dien. Ons hoop om in die toekoms projekte soos hierdie in samewerking met die munisipaliteit aan te pak,” sê Venter.

AfriForum nooi die publiek uit om betrokke te raak en saam te werk aan toekomstige projekte om Delportshoop en omliggende gebiede te versterk. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings