|

AfriForum-plaaswag help om veldbrand by Hectorskraal suksesvol te blus

Die AfriForum-plaaswag in Albertinia het op Saterdag 30 Augustus vinnig opgetree toe ’n veldbrand met vier brandpunte in die bos oorkant die dorp by Hectorskraal uitgebreek het.

Die Hessekwa-brandweer, die Garden Route Distriksmunisipaliteit se brandweer, die Suid-Kaapse Brandbeskermingsvereniging, twee plaaslike boere en die AfriForum-Albertinia-plaaswag se brandbestryding-vrywilligers het onmiddellik reageer en begin om die brand te bestry.

Ten spyte daarvan dat die vuur verskeie kere gevaarlik oor die vuurlyn gespring het, het die gesamentlike spanne deurgaans daarin geslaag om beheer te behou. Teen 23:00 was die meerderheid van die vuurlyne onder beheer met verskeie smeulende kolle wat voortdurend gemoniteer is.

By die oorhandiging aan die dagskof op Sondag om 08:00 was al die vuurlyne onder beheer, wat die spanne in staat gestel het om deur die dag op die uitwis van opslag-brande, of punte wat bly smeul het, te fokus. Teen Maandag om 08:00 is die laaste warm kolle heeltemal uitgewis.

Te danke aan die flinke optrede van die brandbestrydingspanne en vrywilligers is ’n plaaswoning teen die vuur beskerm en geen skade is gelei nie. Twee mobiele brandblus-eenhede is aangewend om die operasie ’n sukses te maak.

AfriForum bedank alle betrokke instansies en individue wat gehelp het om die brand suksesvol te bestry en die plaaslike gemeenskap te beskerm.

Sluit vandag nog aan by AfriForum se Albertinia-plaaswag of raak betrokke by jou naaste struktuur en help hulle om meer te doen. Stuur ’n e-pos na marthinus.erasmus@afriforum.co.za of skakel hom by 081 216 9602.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf