AfriForum-buurtspan hou parke skoon terwyl munisipaliteit op louere rus
AfriForum se Krugersdorp-buurtspan het in Mei meer gedoen om parke skoon te hou as wat Mogale City Plaaslike Munisipaliteit bereid is om te doen. Sodoende het dié buurtspan opnuut bewys dat daadwerklike verandering kan plaasvind deur gemeenskapsbetrokkenheid.
Tydens hul skoonmaakaksies het dié span 30 sakke vol vullis opgetel in openbare ruimtes. Daarbenewens is ’n sleepwa-vrag vol boomtakke en gesnoeide bome verwyder, dié bome is wel deur Mogale City gesnoei, maar nooit verwyder nie. Die span het ook 1.5 hektaar gras in parke en oop areas gesny.
Volgens Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand, is dié pogings daarop gemik om die algehele voorkoms van die omgewing te verbeter en ook om veiligheid- en gesondheidsrisiko’s te verminder. “Parke wat bebos en vol vullis is word op die ou end ’n broeiplek vir misdadigheid en hou ook gesondheidsrisiko’s vir die gemeenskap in.”
AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak by die Krugersdorp-buurtspan en hul bedrywighede deur aan te sluit by www.wordlid.co.za.