Beleef Lief(de) saam met Jacob Swann
Jacob Swann, die sanger en liedjieskrywer wat in 2023 met ’n Aitsa-toekenning vereer is vir sy nou reeds ikoniese liedjie “Lief”, kom 9 Oktober op die planke by die AfriForum Teater. Kom beleef ’n aand van liefde met Swann se uitsonderlike Lief-vertoning ten bate van die StartWell-stigting, ’n nasionale liefdadigheidsorganisasie wat daagliks etes aan meer as 13 000 kinders voorsien.

Swann het reeds die afgelope paar jaar met sy unieke klank en styl ’n plek vir homself uitgekerf in die plaaslike musieklandskap. Treffers soos “Lief” en “Two blue eyes” verweef elemente van klassieke country, alternatiewe rock en die Americana-genre. Dié samevloeiing van genres vorm ’n unieke genre wat Swann as outentieke Afrika-Americana bestempel. Dié Wes-Kaapse sanger het reeds twee Aitsa-toekennings én ’n SAMA-nominasie agter sy naam en sy musiek bevestig dat hy veel meer as net ’n kunstenaar is – hy is ’n storieverteller.
Sy musiek spreek tot alle ouderdomme, sy lirieke is opreg en sy melodieë bly jou by. Boonop bied Lief meer as net vermaak. Dit is ’n professionele musiekproduksie deur die stem wat jou hart herken. Kortom, Lief is ’n belewenis.
Meer oor die StartWell-stigting
Swann se Lief-produksie word ten bate van die StartWell-stigting aangebied. Dié organisasie fokus op die bekamping van wanvoeding en groeivertragings onder kinders en werk reeds sedert 2018 aan die ontwikkeling, maak en verskaffing van voedsame, klaargaar maaltye vir kinders wat aan chroniese wanvoeding blootgestel word. Hul pasgemaakte maaltye voldoen aan streng gesondheidsmaatreëls, is gemaak van hoë gehalte bestanddele en bied die ideale voeding vir optimale liggaamsgroei en breinontwikkeling. StartWell fokus egter nie net op voeding nie, maar ook op opvoeding en bemagtig ouers met kennis vir die gesonde ontwikkeling en groei van babas en kleuters.

Kaartjies vir Lief, met Jacob Swann, ten bate van die Startwell-stigting is nou beskikbaar! Besoek www.afriforumteater.co.za vir meer inligting en om kaartjies te koop. Moet nie dié vertoning misloop nie.
Datum: Donderdag 9 Oktober 2025
Tyd: 19:00
Plek: AfriForum Teater, Greenlyn Village-sentrum, h.v. Thomas Edison- en 13de Straat, Menlopark, Pretoria
Kaartjies: R200 per persoon