AfriForum betrokke by Victoria-buurtwag se patrollie
AfriForum se Strand-buurtwag het op 12 September aan die Victoria Park-buurtwag se massapatrollie deelgeneem. ’n Totaal van 107 deelnemers was betrokke ter beskerming van die gemeenskap.
Die AfriForum-buurtwag het net meer as sewe kilometer te voet deur Victoria Park, Paardevlei, Helderzicht en Lourenzia Park afgelê, voordat hulle by die konvooi, wat deur die Strand gery het, aangesluit het.
“Wat ’n ongelooflike ervaring van eenheid en spanwerk – dit wys werklik die krag van ’n gemeenskap wanneer ons saamstaan,” sê Kiara Brown, voorsitter van AfriForum se Strand- tak.
AfriForum bedank die Victoria Park-buurtwag vir hul gasvryheid, asook die Strand-polisie se sektorbevelvoerder, die Strand-buurtwag, wetstoepassing, AfriForum se Helderbergkom-buurtwag, Fidelity ADT, Secure Rite, Gordon’s Bay-sekuriteit en al die ander buurtwagte wat saamgespan het. Dit was ’n kragtige vertoon van sigbaarheid terwyl die gemeenskap beveilig word.
Raak vandag betrokke by jou naaste AfriForum- takke. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.
