Tshwane se boetes vir meterpeutering tref onskuldige inwoners. Veg terug.

AfriForum ontvang toenemend klagtes van inwoners wat beweer dat hulle munisipale rekeninge skielik enorme aanpassings, boetes vir sogenaamde meterpeutering, of historiese meterlesings bevat wat hulle nie kan verklaar nie.

Indien jy:

  • ’n boete vir meterpeutering ontvang het wat jy betwis;
  • glo jou meterlesings is verkeerd;
  • skielike historiese aanpassings op jou rekening ontvang het; of
  • meen jou meter is vervang waarna jou rekening drasties verander het,

kan jy jou besonderhede by ons registreer vir ’n dispuut

AfriForum help inwoners om ’n formele dispuut by die Stad van Tshwane in te dien en versoek dat die metro die meterlesings, inspeksieverslae, toetsverslae en rekeningberekeninge volledig openbaar en ondersoek.

Voltooi die vorm hieronder om jou saak te registreer.

Word n lid

Maak n donasie

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf