Songloed-buurtwag vat hande met plaaslike SAPD
AfriForum se Songloed-buurtwag in Klerksdorp het op 10 Maart ’n goeie vergadering met lede van die plaaslike SAPD en die sekuriteitsmaatskappy Action Force gehad om te bepaal hoe hulle as veiligheidsrolspelers in die gemeenskap beter samewerking met die SAPD kan bewerkstellig.
Kolonel René Stimie van die SAPD het die patrolleerders vertel van die Gemeenskap in Blou-inisiatief (Community in Blue) waardeur daar nog nouer samerwerking tussen die buurtwag en die SAPD sal kan wees. Hulle verwelkom die Songloedpatrolleerders in hulle geledere.
’n Verteenwoordiger van Action Force het terugvoer gegee oor die kameras wat AfriForum in die area opgerig het en deur Action Force moniteer word. Misdaad het reeds te danke aan hierdie kameras afgeneem in Songloed en Action Force bepaal nou waar hulle nóg kameras kan installeer om hopelik dieselfde uitkoms te kry.
Die buurtwag beplan verder om toe te sien dat elke aktiewe buurtwaglid ’n duidelik bordjie wat weerkaats by hulle huise op te rig en om in elke straat ’n ken-mekaar-geleentheid te hou sodat mense hulle bure kan leer ken en kan weet wie hulle in tye van nood kan bystaan.
“Ek is baie trots op die goeie werk wat hierdie buurtwag onder die leiding van die buurtwagleier, Romke de Jongh en die onderskeie buurtkoördineerders doen. Hulle doen beslis goeie werk as die polisie dit ook raaksien en met hulle hande wil vat,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.
Om aan te sluit by AfriForum se Songloed-buurtwag in Klerksdorp, kontak gerus vir Henda Jordaan by 082 783 5272.