|

Rustenburg-tak bou voort op suksesvolle skoonmaakprojek

Die AfriForum-tak in Rustenburg het gedurende Mei nog ’n suksesvolle skoonmaakprojek voltooi. Meer as 1,9 hektaar se gras is gesny, die areas waarop gefokus is, sluit Bult-, Kerk-, en Krugerstraat in. Hierdie projek vorm deel van dié tak se volhoubaarheidsprojek wat regdeur die jaar verskillende areas skoon- en netjies maak.

“Dié tak is toegewyd daaraan om ’n skoner en gesonder omgewing vir ons gemeenskap te bevorder. Ons is verheug oor die sukses van hierdie projek en glo dat dit ’n positiewe impak op die estetiese waarde van die dorp sal hê en dat dit die algehele welstand van ons inwoners ook positief sal beïnvloed,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“Ons is dankbaar vir die ondersteuning en samewerking van die gemeenskap. Saam kan ons ’n verskil maak en ’n beter toekoms vir ons almal bou,” sluit Viljoen af.

Word vandag deel van die oplossing en sluit aan by AfriForum se Rustenburg-tak, kontak Dawie Conradie by 082 930 9905.

Soortgelyke plasings