|

Potchefstroom-sakenetwerk help bande smee om blink toekoms te bou

AfriForum Sakenetwerk se nuutgestigte plaaslike sakenetwerk in Potchefstroom het die afgelope naweek (12 April) amptelik dié sakenetwerk aan die publiek bekend gestel en daarmee saam die eerste netwerkgeleentheid by The Roots aangebied. Sakelui van nagenoeg 32 ondernemings het die geleentheid bygewoon en bande gesmee om hul plaaslik ekonomie nóg verder uit te bou.

Die geleentheid het voorsiening gemaak vir plaaslike entrepreneurs om ’n netwerk van eendersdenkende individue te leer ken, idees te ruil om Afrikaanse handelsmerke op die dorp te versterk en nuwe samewerkingsgeleenthede te ondersoek.

Christi-Léne Gericke, voorsitter van dié netwerk, bemarkingsbestuurder by RAiN Chartered Accountants in Potchefstroom én ’n ma van twee kinders, vertel hoe sy gereeld gevra word hoe sy by alles uitkom. Sy het die afgelope Vrydag, tydens die netwerkgeleentheid, eindelik die antwoord gekry.

“’n Mens kry ’n beursie wanneer jy ’n kind in die wêreld bring – netso kry jy ’n ekstra horlosie wanneer jy met nóg ’n projek toevertrou word,” sê sy. “Die sakenetwerk in Potchefstroom is ’n projek wat met die grootste ywer aangepak word, want nie net is dit ’n geleentheid om bande met ander entrepreneurs te smee nie, maar ook ’n geleentheid om ’n sterk gemeenskap en ’n volhoubare toekoms te bou.”

Dié plaaslike sakenetwerk beywer om entrepreneurs verbonde aan verskillende sakeondernemings aan mekaar voor te stel, hulle op te bou én by te staan wanneer uitdagings oor hul pad kom. Die Potchefstroom-bestuur wil veral daarop fokus om ’n spasie te fasiliteer waar verskillende entrepreneurs verhoudings met mekaar kan bou. Sodoende groei ondernemings asook die plaaslike ekonomie.

AfriForum se Potchefstroom-sakenetwerk gaan by sy volgende geleentheid op 29 Mei, Afrikaans as ’n 100 jaar oue taal vier, asook die Tinteltong Toekennings vir die streek aanbied. Die sakenetwerk nooi sakelui uit om ’n uitsonderlike onderneming vir die Tinteltong Toekennings te nomineer. Klik hier om jou nominasies in te dien.

Kontak Christi-Léne Gericke (072 460 0067) of Alta Pretorius (081 392 2071) om meer oor AfriForum Sakenetwerk se plaaslike sakenetwerk in Potchefstroom te wete te kom

Soortgelyke plasings