|

Nuwe Moreletapark-bestuur veg teen verval van grondvlak af

Die AfriForum-tak in Moreletapark het verlede week geherorganiseer en die nuwe bestuur is reeds besig met beplanning om munisipale verval, met behulp van gemeenskapsprojekte, teë te werk.

Die nuwe takbestuur bestaan uit Dewald La Grange (voorsitter), Werner La Grange (ondervoorsitter), Arno Venter (sekretaris), Daniel Britz (tesourier), Jaco Stols (plaaslikeregeringsake), Fabio Ferreira (omgewingsake) en Riaan Jacobs (buurtwagleier).

“Dit is noodsaaklik om munisipale verval, die agteruitgang van dienslewering en misdaad teë te werk met volhoubare projekte wat die gemeenskap dien,” sê Llewellynn Hemmens, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

“Dit is vir ons as die nuwe bestuur belangrik om die inwoners van Pretoria-Oos en die landelike gemeenskap van Bronkhorstspruit by ons projekte te betrek. Op hierdie manier kan ons Pretoria-Oos en die omliggende gebiede se probleme uiteindelik die hoof bied,” sê Dewald La Grange, voorsitter van AfriForum se Moreletapark-tak.

AfriForum se Moreletapark-tak moedig lede van die publiek uit om deel te word van die burgerregteorganisasie se projekte en saam ’n verskil in Pretoria-Oos te maak. Besoek www.wordlid.co.za om vandag nog by die tak betrokke te raak.

Soortgelyke plasings