| |

Bronkhorstspruit-tak hou omgewing skoon én veilig

Die AfriForum-tak in Bronkhorstspruit het die area agter Diamantpark en Goudpark skoongemaak aangesien dit só oorgroei was dat dit moeilik was om die area op die kameras te moniteer. Dié tak het 23 sakke tuinafval en vullis weggery en ook een bakkievrag vol gesnoeide takke.

Volgens Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord dien aksies soos hierdie as konkrete bewyse dat gemeenskappe hulself vir ’n skoner, veiliger en meer volhoubare toekoms moet beywer deur self betrokke te raak en probleme proaktief aan te pak.

“Ons bedank elke persoon wat gehelp het om hierdie area skoon te maak. Ons wil ook die gemeenskap aanmoedig om by die Bronkhorstspruit-tak betrokke te raak by www.wordlid.co.za,” sluit Steinberg af. 

Soortgelyke plasings