AfriForum se Pretoria-Wes-tak maak parke, substasie weer netjies
Substasies reg oor Pretoria word telkens geteiken deur diewe en vandale, gewoonlik weens die bedenklike toestand van dié substasies. Juis daarom het AfriForum se Pretoria-Wes-taak ingespring en die lang gras by die Pretoria-Wes Hospitaal-substasie gesny om sigbaarheid tydens patrollies te verbeter en te verseker dat daar nie wegkruipplek vir kwaaddoeners is nie.
Dié tak het ook die afgelope naweek gras gesny by die veld in Duffstraat en die park in Lotslaan. Daar word beplan om hierdie projek ook elders in die area voort te sit.
“Gemeenskapslede wat verantwoordelikheid vir hul omgewing aanvaar is die beste verdediging teen misdadigers. Daarom is dit vir ons goed om te sien hoe hierdie gemeenskap saam werk om hul omgewing skoon en netjies te hou,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se streekhoof vir veiligheid in die noordstreek.
Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke by www.wordlid.co.za of deur ’n e-pos te stuur na voorsitter.pretoria-wes@afriforumtak.co.za.