AfriForum draai die soeklig op rioolprobleme in Modimolle
AfriForum se Nylstroom-tak in Modimolle doen ’n beroep op die Modimolle-Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit om dringend in te gryp by die jarelange rioolprobleme wat die dorp teister. Die dorp ervaar die afgelope sewe jaar gereelde rioollekkasies wat nie net die omgewing bedreig nie, maar ook die gesondheid van die gemeenskap in gevaar stel. Rioollekkasies is veral algemeen in die omgewing naby die rivier.
AfriForum eis dat die munisipaliteit volhoubare oplossings implementeer om ’n einde aan die rioolprobleme te bring. Dit is noodsaaklik dat die infrastruktuur verbeter word om verdere skade en gesondheidsrisiko’s te voorkom.
AfriForum moedig inwoners aan om enige rioollekkasies aan die munisipaliteit te rapporteer om vinniger reaksie en herstelwerk te verseker. Inwoners kan die lekkasies ook by AfriForum aanmeld deur hier te klik. Hierdie lys sal dan aan die munisipaliteit oorhandig word om die probleemareas onder hul aandag te bring en verdere druk toe te pas.
“AfriForum bly daartoe verbind om die regte van gemeenskappe te beskerm en sal aanhou om toesig te hou oor die situasie in Modimolle. Ons doel is om saam met die plaaslike owerhede te werk en ‘n skoner en veiliger omgewing vir almal te verseker,” sê Hendrik Kotzé, AfriForum se provinsiale distrikskoördineerder vir Limpopo.
Vir verdere inligting of by hierdie AfriForum-tak aan te sluit, kontak Kotzé by hendrik.kotze@afriforum.co.za.