|

AfriForum en ander woeker te midde van munisipaliteit se mislukkings

AfriForum se Teks-buurtspan en die Secunda Steamers is hard aan die werk om die Eendedam Park weer ’n gewilde bestemming vir families in die area te maak.

Die buurtspan het daarop gefokus om die park netjies te maak deur die gras te sny, bome te snoei en die bossies uit te haal. Die Secunda Steamers wil graag die treinspoortjie in die park herstel en die treintjie weer aan die werk kry sodat kinders weer ritte deur die park kan geniet. Die spoor is beskadig weens die gras en bossies wat sonder ingryping oor dit gegroei het.

Die buurtspan het voorts gedurende April meer as 38 000 m² in Secunda skoongemaak. Die span het veral gefokus op Nelson Mandela-rylaan en die eilande daar sowel as om die kante van die pad skoon te sny en die gras te verwyder.

“Ons gaan nie meer terugsit en wag dat die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit hul verpligtinge nakom nie. Ons sal self die dorp regruk,” sê Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Teks-tak.

Plaaslike ondernemings en inwoners wat graag die projek wil ondersteun kan met Du Plessis gesels deur ’n e-pos te stuur na voorsitter.secunda@afriforumtak.co.za of deur aan te sluit by www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings