|

AfriForum lê feite oor skending van menseregte in SA bloot aan lede van Europese Parlement

Klankgreep: Ernst van Zyl (Afrikaans)
Klankgreep: Ernst van Zyl (Engels)

Europa se politici weet óók nou van die skending van menseregte, plaasmoorde, die Onteieningswet en die toename in diskriminerende rasbeleide wat veral Suid-Afrika se minderhede teiken ná AfriForum gister ’n voorlegging aan lede van die Europese Parlement gemaak het. Dié voorlegging sowel as vandeesweek se skakeling met verteenwoordigers van die Tweede Kamer (oftewel die huis van verteenwoordigers) van die Nederlandse parlement in Den Haag, en die Vlaamse parlement in Brussel vorm deel van AfriForum se Die wêreld moet weet-veldtog.

Ernst van Zyl, hoof van Openbare Betrekkinge by AfriForum, en Jaco Kleynhans, hoof van Internasionale Skakeling by Solidariteit.

Ernst van Zyl, hoof van Openbare Betrekkinge by AfriForum, en Jaco Kleynhans, hoof van Internasionale Skakeling by Solidariteit, het met verteenwoordigers van politieke partye ontmoet en AfriForum se “Die wêreld moet weet”-verslag sowel as die Malema-dossier voorgehou en oorhandig. Die verslae lê onder meer kritieke feite bloot rakende plaasmoorde, die bedreiging van privaat eiendomsreg, die aanslag op Afrikaans en erfenisbakens van Afrikaners as ’n minderheid.     

Volgens Van Zyl beskik Afrikaners, AfriForum en die Solidariteit Beweging oor wesenlike steun in Europa. Hy bestempel die aantal bondgenote wat Afrikaners op dié vasteland het, as bemoedigend.

AfriForum se voorlegging aan die Europese Parlement

“Afrikaners het in die afgelope paar jaar ’n baie positiewe internasionale reputasie verkry en buitelandse rolspelers raak – danksy veldtogte soos dié van AfriForum – toenemend bewus van die ANC-geleide regering se magsvergrype en menseregteskendings,” sluit Van Zyl af.

AfriForum se “Die wêreld moet weet”-verslag is hier beskikbaar en die Malema-dossier kan hier afgelaai word. Besoek www.diewereldmoetweet.co.za vir meer inligting oor die veldtog.

Soortgelyke plasings

Magsmisbruik