|

AfriForum maak kinderharte bly met skenking van oefenklere

AfriForum se Weskus-tak het op 20 Augustus jong aspirant sokkerspelers aan die Langebaan Primêre Skool se harte verbly met die oorhandiging van splinternuwe oefenklere vanuit Portugal.

Hierdie skenking is moontlik gemaak deur Garry Moss, wat tans verbonde is aan ’n skool in Porto, Portugal. Die sportdrag is van uitstekende gehalte en sal deur die skool se sokkerspan tydens oefensessies gebruik word.

AfriForum se Weskus-tak het die klere by die skool aan Christopher Rogers, die skoolhoof, oorhandig. Hy het sy opregte dank uitgespreek vir die waardevolle bydrae.

“Dit was ’n wonderlike geleentheid vir ons tak om ’n verskil te maak in die lewens van die kinders in ons gemeenskap by Langebaan Primêre Skool,” sê Sidney Monk, voorsitter van AfriForum se Weskus-tak.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf