|

Video: Afsluiting vir bejaarde byna drie jaar ná aanranding

Deur Megan Swart

Gerrie Nel (AfriForum se privaatvervolgingseenheid), Theresa Daniels (die Oosthuysens se dogter), Lucille Oosthuysen (slagoffer) en Will Oosthuysen (Lucille se man).

Lucille Oosthuysen het vandeesweek die afsluiting gekry wat sy na opsoek is sedert haar voormalige huurder, Dylan Ferreira, haar met ’n ernstige kopwond, veelvuldige kneusplekke en ’n gekraakte pols gelos het. Ferreira het bykans drie jaar gelede Oosthuysen gewelddadig neergestamp ná ’n woordewisseling. Sy was 79 jaar oud ten tyde van die voorval.

Met die ondersteuning van AfriForum se privaatvervolgingseenheid het Oosthuysen vandeesweek gehoor hoe landdros Nicola Olivier Ferreira se vonnis oplê. Hy is jare gelede skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer. Olivier het benadruk dat wreedaardige aanvalle soos dié nie in die samelewing geduld kan word nie.

Kyk hier om meer oor die saak uit te vind:

Waarskuwing: Hierdie inhoud kan sensitiewe kykers ontstel.

Soortgelyke plasings

Magsmisbruik