Pretoria-blitskongres

Pretoria-blitskongres
By die Blitskongres wil ons spesifiek fokus op takke se behoeftes op grondvlak en hoe ons dit met AfriForum en Gemeenskapsake se strategiese doelwitte kan belyn. Ons wil goeie gesprekke met die takke uitlok en beter aan hulle verduidelik waarom ons op sekere aspekte en aksies fokus (en dus die goue draad kan deurtrek).
"*" indicates required fields
Datum: 26 Julie
Tyd: 09:00 – 15:00
Plek: Leriba
Besprekingspunte
- Takvoorleggings (Centurion, Groter Moot en Noord van die Berg)
- Gemeenskapsake se strategiese posisionering (praktiese voorbeelde aan takke verduidelik)
- Drukgroepaksies
- Buurtspanne (diensleweringskomponent en -platform)
- Veiligheid (Dewet Ungerer)
- Steunkring in Pretoria (noord, oos, suid en wes)
- Algemene verhouding met alle veiligheid rolspelers in jou area
- Model vir gemeenskapspolisiëringsforums ( insette vanaf die takke)
- AfriForum Veiligheid se doelwit vir die volgende vyf jaar
Program:
- 09:00 – Verwelkoming
- 09:05 – Skriflesing en gebed
- 09:15 – Bekendstelling waaroor vandag gepraat gaan word
- 09:25 – Takvoorleggings
- Centurion (25 min)
- Noord van die berg (25 min)
- Groter Moot (25 min)
- 10:40 – Vraag-en-antwoordsessie op die takvoorleggings
- 11:00 – Gemeenskapsake se strategiese beplanning en posisionering
- 11:45 – Pouse (20 min)
- 12:05 – Drukgroepaksies
Buurtspanne- Dienslewering (20 min)
- Diensteplatform (20 min)
- 12:45 – Veiligheid (45 min)
- 13:00 – Braai/kuier/ete