Jou sonpanele vs. Eskom
Eskom se jare van wanbestuur, korrupsie en ernstige tekort aan aanspreeklikheid, het uiteindelik gelei tot ’n ganse ineenstorting van Suid-Afrika se kragnetwerk.
Beurtkrag was vir jare lank deel van Suid-Afrikaners se daaglikse lewe. Hierdie beurtkrag het ongelukkig verskillende ondernemings, boerderye en nywerhede se bedrywighede gekniehalter en ernstige druk op almal geplaas.
Eie aan Suid-Afrikaners se geaardheid het ons nie in sak en as gaan sit nie, maar alternatiewe gesoek tot betroubare kragvoorsiening soos batterye, kragopwekkers maar in meeste gevalle – sonpanele.
Wat sê Eskom nou hieroor?
- Eskom het begin 2024 ’n veldtog begin waarin hulle al hul kliënte aanmaan om hul sonpanele te registreer.
- Kliënte moet hul stelsel deur ’n professionele ingenieur laat goedkeur (’n vereiste wat jou meer as R20 000 uit die sak kan jaag).
- Ná volgehoue druk van AfriForum, het Eskom hierdie vereiste egter verander dat ’n geakkrediteerde elektrisiën die stelsel kan afteken.
- Eskom hou vol dat registrasies verpligtend is.
Wat sê AfriForum:
- Eskom het nie die nodige beleide in plek om registrasies af te dwing nie.
- Alhoewel wetgewing toelaat dat Eskom registrasies mag vereis, moet Eskom eers behoorlike beleide in plek hê.
- Totdat Eskom nie die nodige beleide in plek het nie mag hul nie verbruikers dwing om te registreer nie.
- Daar is geen regsgrondslag vir Eskom om boetes uit te reik nie.
- Persone wat nie hul krag direk van Eskom kry nie moet geensins by Eskom registreer nie.
Wat doen AfriForum nou?
AfriForum hou vol dat Eskom nie behoorlike beleide in plek het om gebruikers te dwing om te registreer nie.
AfriForum het vroeër aan Eskom geskryf om te vra watter beleide hul het om die registrasie verpligtend te maak. Eskom kon nie hierdie inligting verskaf nie.
AfriForum sal aanhou met volgehoue druk op Eskom en Nersa om te verseker dat hulle nie van hul mag misbruik maak om persone te verplig om iets te doen waarvoor hulle nie behoorlike beleide in plek het.
Moet ek my sonpanele by Eskom registreer?



