Dagbreek kraai koning in Dink of Sink
Die manne van Dagbreek-koshuis in Stellenbosch het die afgelope naweek koning gekraai in AfriForum se Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie vir universiteitstudente. Twee spanne van dié manskoshuis het mekaar die stryd aangesê in die finaal van dié rateltaai debatskompetisie. Forum Nuus was daar.



