AfriForum ontbloot Julius Malema se ekstremisme aan die wêreld – en eis internasionale gevolge.
AfriForum het ’n omvattende dossier bekendgestel wat Malema se geskiedenis van haatspraak, korrupsieaantygings, aanhitsing van geweld en sy steun aan terreurgroepe uitlig.
Die wêreld begin reeds reageer: Die Verenigde Koninkryk het vanjaar vir Malema ’n visum geweier weens sy haatspraak. Dit is egter net die begin. Meer lande en internasionale liggame moet volg.
AfriForum se missie is duidelik: Malema moenie net in Suid-Afrika aanspreeklik gehou word nie – maar ook wêreldwyd.
👉 Ons eis internasionale gevolge vir Malema.
Sluit aan by die veldtog en help ons om seker te maak dat geregtigheid geskied – plaaslik én internasionaal.
"*" indicates required fields