|

AfriForum 20 jaar: Onthou jy nog? #6 (2016–2017)

AfriForum vier vandeesmaand sy 20ste bestaansjaar, en in dié reeks neem ons ’n voëlvlug oor die afgelope 20 jaar se suksesse, mylpale én selfs ’n paar komiese oomblikke in die organisasie se bestaan. Dié en vele meer gebeure is vervat in ’n 20 jaar-gedenkboek wat binnekort verskyn.

2016: Matiesoorwinning

AfriForum Jeug en die Universiteit Stellenbosch (US) kom in 2016 in die Hooggeregshof in Kaapstad ooreen dat Afrikaans gelyke status met Engels as onderrigmedium sal geniet, soos goedgekeur is tydens die universiteit se raadsvergadering in 2015. Die US onderneem skriftelik dat stappe gedoen sal word om te verseker dat alle fakulteite die universiteit se taalbeleid en -plan sowel as die taalspesifikasies, soos in die 2016-jaarboek gepubliseer, sal toepas.

2017: “Die bulhond” Gerrie Nel maak privaat vervolging moontlik

Adv. Gerrie Nel se aanstelling as hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid maak in 2017 regsgeskiedenis in Suid-Afrika. Dit is die eerste keer dat ’n privaat eenheid gestig is om spesifiek te fokus op die vervolging van korrupte persone en ander oortreders, wat weens onder meer politieke redes nie vervolg word nie.

Word n lid

Maak n donasie

Soortgelyke plasings

Ons is Afrikaners