|

AfriForum 20 jaar: Onthou jy nog? #4 (2012–2013)

AfriForum vier vandeesmaand sy 20ste bestaansjaar, en in dié reeks neem ons ’n voëlvlug oor die afgelope 20 jaar se suksesse, mylpale én selfs ’n paar komiese oomblikke in die organisasie se bestaan. Dié en vele meer gebeure is vervat in ’n 20 jaar-gedenkboek wat binnekort verskyn.

2012: AfriForum lê haatspraakklag teen Lamola

In Julie 2012 het AfriForum ’n klag van haatspraak teen die toenmalige adjunk-president van die ANC Jeugliga, Ronald Lamola, in die Noord-Gauteng Hooggeregshof uitgereik. Dit volg ná aanmerkings wat Lamola kort tevore gemaak het waartydens hy aangevoer het dat die ANC Jeugliga nie langer die veiligheid van die Van der Merwes en die Van Tonders op hul plase kan waarborg indien wit Suid-Afrikaners weier om vrywillig hul grond en minerale hulpbronne aan die meerderheid Suid-Afrikaners oor te dra nie.

2013: Blou-en-groendruppelveldtog

In 2013 pak AfriForum vir die eerste keer sy nasionale watermoniteringsveldtog, in daardie stadium bekend as die blou-en-groendruppel-takprojek, by sy 110 takke aan. Die projek is verlede jaar vir die 13de agtereenvolgende jaar aangebied. Takke word jaarliks toegerus met ’n toetsstel en ’n handleiding vir die neem van watermonsters. Die doel is om die gehalte van drink- en afvalwater in al nege provinsies te toets.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf