Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:
Genoeg is genoeg! Verkiesings moet vry, regverdig en sonder intimidasie plaasvind.
AfriForum eis dat die Oudtshoorn Plaaslike Munisipaliteit onmiddellik optree teen die EFF se verkiesingsplakkate met die dreigende slagspreuk “Victory or Death”.
Ondanks die beweerde oortreding van die verkiesingsgedragskode en AfriForum se herhaalde versoeke, bly die munisipaliteit stil. Hierdie gebrek aan optrede is onaanvaarbaar!
Geen politieke party is bo die wet verhewe nie. Die munisipaliteit moet sy verantwoordelikheid nakom, die plakkate laat verwyder en verduidelik waarom daar tot dusver nie opgetree is nie.
Teken vandag die petisie en eis dat die munisipaliteit optree! Ons gemeenskappe verdien vreedsame verkiesings sonder dreigemente of intimidasie.
"*" indicates required fields




