Veiligheid vir ons kinders en gemeenskap

Veiligheid vir ons kinders en gemeenskap – dringende versoek vir verkeersmaatreëls op die R362 (Vredendal)

Ons as inwoners van Vredendal en ondersteuners van AfriForum se Vredendal-tak doen hiermee ’n dringende beroep op die Wes-Kaapse Departement van Vervoer en Openbare Werke, sowel as die Matzikama Plaaslike Munisipaliteit, om spoedige en daadwerklike stappe te neem om padveiligheid op die R363 te verbeter – spesifiek by die kruising van die Graafwater/Lambertsbaai/Vredendal-pad en die R363 (31°43’09.5″S 18°30’56.3″E)

Die volgende maatreëls word dringend versoek:

  • Die oprigting van ’n vierrigtingstopstraat of verkeersbeheer by die betrokke kruising.
  • Die aanbring van spoedhobbels, nog voetoorgange, of ander geskikte verkeerskalmeringsmaatreëls.
  • ’n Verlaging van die spoedgrens op dié gedeelte van die pad tot ’n veilige vlak.

Hierdie versoek volg ná verskeie ernstige padongelukke, insluitend die tragiese afsterwe van ’n 8-jarige kind die afgelope naweek – ’n direkte gevolg van roekelose spoed en onvoldoende beheermaatreëls.

Ons, die ondergetekendes, eis dat die verantwoordelike owerhede nie wag tot nog lewens verloor word nie. Ons vra dat die veiligheid van voetgangers, kinders en inwoners as prioriteit hanteer word.

Laat ons saam werk vir ’n veiliger Vredendal.

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is hidden when viewing the form
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Soortgelyke plasings