Swak dienslewering kan weer tot vloede lei!
Swak dienslewering kan weer tot vloede lei
Kariega is in 2024 deur twee vloede getref wat die lewens van 10 mense geëis het en miljoene rande se skade aangerig het. Kenners is dit eens dat die swak instandhouding van stormwaterkanale wat boonop deur plante oorgroei is een van die grootste redes vir die oorstromings in die Dr. Braun-, De Mist-, Sentraal- en Gamble-woonbuurte was.
Agt maande ná die eerste vloed het die situasie geensins verbeter nie. Betonversterkings en kanaalwalle wat deur die vloede beskadig is, is nie herstel nie en dien deesdae as blokkasies vir watervloei. Die beskadigde rioolinfrastruktuur in die kanale is nie herstel nie; rou riool vloei dus deur dié kanale tot in die Swartkopsrivier. Geen pogings is aangewend om plantegroei in die stormwaterkanale te verwyder nie.
AfriForum glo dat inwoners van Kariega beter dienslewering deur die Nelson Mandelabaai-metro verdien. Ons versoek ook dat die publiek aktiewe burgers van ons gemeenskap sal word deur hierdie boodskap met die munisipaliteit en sy verteenwoordigers te deel.
Steun AfriForum se saak hier vir beter dienslewering.
"*" indicates required fields