STOP DIE MELGISEDEK-TENTEDORP IN DIE MOOT – BESKERM ONS GEMEENSKAP NOU
Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:
Daar is geen permanente infrastruktuur of toiletgeriewe op dié terrein nie. Die vestiging van ’n groot tydelike nedersetting in ’n gevestigde woongebied hou dus beduidende risiko’s in vir veiligheid, plaaslike infrastruktuur en die ekonomiese welstand van inwoners en ondernemings in daardie gebied. Met die hofaansoek wil AfriForum ook druk op die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit uitoefen om ’n volhoubare plan vir die hervestiging daar te stel, eerder as om sy eie probleme op die inwoners van die Moot se skouers te pak.
Die voorgestelde fasiliteite in Gezina voorsien slegs tydelike infrastruktuur, wat onder meer 85 tente en 10 tydelike toilette vir ongeveer 450 mense insluit. Dit is glad nie ideaal met die huidige reënweer en die opkomende winter nie en dit is onhigiënies.
AfriForum doen ’n beroep op die Tshwane-metro om onmiddellik duidelikheid te verskaf oor die proses en om alle verskuiwings te staak totdat die aangeleentheid behoorlik hanteer is. Die impak op beide die inwoners wat verskuif moet word en die gemeenskap waarheen hulle moontlik verskuif word, gaan enorm wees.
Ons gemeenskap verdien verantwoordelike bestuur, wettige optrede en behoorlike beplanning – nie oorhaastige besluite wat inwoners se regte en lewensgehalte in gedrang bring nie.
Veg saam vir die Moot.
STOP DIE MELGISEDEK-TENTEDORP IN DIE MOOT – BESKERM ONS GEMEENSKAP NOU
AfriForum neem dringende regstappe teen die Tshwane-metro om die beplande oprigting van ’n tentedorp in die hartjie van die Moot te stop.
Die Tshwane-metro het die berugte Melgisedek-gebou ontruim en beoog nou om die voormalige inwoners in ’n tentedorp in ’n gevestigde woongebied in die Moot te hervestig. Hierdie besluit is geneem sonder behoorlike konsultasie met die plaaslike gemeenskap en, volgens AfriForum, sonder dat die nodige wetlike prosesse, goedkeurings en vereistes nagekom is.
AfriForum is van mening dat:
• die Tshwane-metro nie die korrekte prosedures gevolg het nie;
• die nodige goedkeurings en wetlike vereistes nie nagekom is nie;
• die belange, veiligheid en inspraakreg van Moot-inwoners geïgnoreer is; en
• ’n besluit van hierdie omvang nie eensydig en sonder deursigtige openbare deelname geneem mag word nie.
"*" indicates required fields
STOP DIE MELGISEDEK-TENTEDORP IN DIE MOOT – BESKERM ONS GEMEENSKAP NOU
"*" indicates required fields
Word ’n lid
Klik hier om self aan te sluit of self jou
lidmaatskap te bestuur.











