Skole is onder druk. AfriForum prioritiseer skole.

AfriForum se skolefokus hierdie jaar vorm deel van die organisasie se groter strategie van gemeenskapsbou en die versterking van selfstandige Afrikaanse gemeenskappe. AfriForum sien skole as van die belangrikste ankerinstellings in gemeenskappe.

AfriForum se takke regoor die land werk elke dag daaraan om skole veiliger, netjieser en beter vir ons kinders te maak.

Net gedurende die eerste twee kwartale van die jaar het AfriForum reeds die volgende gedoen:

  • 17 skoolveiligheidsoudits voltooi
  • 7,5 hektaar gras by skole gesny
  • 158 sakke rommel tydens skoonmaakprojekte verwyder
  • 40 liter verf gebruik om skole op te knap
  • 12 padtekens by skole herstel of vervang

Ons glo dat veilige en goedversorgde skole noodsaaklik is vir ’n sterker toekoms. Daarom tree AfriForum nie net op wanneer probleme ontstaan nie – ons werk saam met gemeenskappe om praktiese oplossings te skep.

AfriForum glo skole is sentraal tot die behoud van Afrikaanse kultuur, taal en sterk plaaslike gemeenskappe.

Maar ons kan dit nie alleen doen nie.

Deur vandag by AfriForum aan te sluit, help jy ons om nóg meer projekte by skole moontlik te maak en ’n daadwerklike verskil in gemeenskappe te maak.

Sluit vandag nog aan.

Word n lid

Maak n donasie

Soortgelyke plasings

Ons is Afrikaners