Eskom wil 15 Vrystaatse dorpe se krag afsny!
Jy gaan sonder krag sit a.g.v. finansiële wanbestuur by die munisipaliteit
Eskom beplan om kragtoevoer na 15 Vrystaatse dorpe af te sny weens munisipale skuld.
Hierdie optrede deur Eskom is nie net onbillik teenoor die inwoners van hierdie dorpe nie, maar kom neer op moontlike menseregteskendings.
Korrupte amptenare hou dorpe in ’n wurggreep deur nie munisipale kragskuld te vereffen nie, maar nou word daar van gemeenskappe verwag om die gevolge te dra. Dit terwyl die amptenare wat vir die penarie verantwoordelik is, skotvry daarvan afkom
AfriForum eis dat Eskom en die nasionale regering eerder munisipale amptenare verantwoordbaar hou vir die growwe wanbestuur van munisipale finansies, eerder as om betalende inwoners van basiese regte te ontneem.
Help AfriForum om hierdie onbillike praktyke te stop deur die petisie te teken.
Daar is vyftien dorpe wat in vier munisipaliteite (Nala, Nqwathe, Masilonyana, Moqhaka) geraak word.
Hier is ’n lys met van die dorpe:
- Bothaville
- Wesselsbron
- Kroonstad
- Viljoenskroon
- Steynsrus
- Vierfontein
- Brandfort
- Theunissen
- Winburg
- Soutpan
- Verkeerdevlei
- Parys
- Heilbron
- Koppies
- Edenville
- Vredefort
"*" indicates required fields