Die Lekwa-Teemane Munisipaliteit is besig om op ’n ramp af te stuur
Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:
Die Lekwa-Teemane Munisipaliteit is besig om op ’n ramp af te stuur. AfriForum het verskeie klagtes ontvang van inwoners wat geen dienste van die munisipaliteit ontvang nie. Geen vullisverwydering het die laaste maand in Christiana plaasgevind nie. Inwoners was gedwing om alternatiewe oplossings te vind sodat hulle vullis verwyder word. AfriForum se Christiana-tak het self ingespring en meer as twee ton se vullis is verwyder. Verder is riool in die strate ook ’n groot probleem. Riool word nie gereeld uitgesuig nie en dit veroorsaak dan dat riool in die strate afvloei, wat ’n groot gesondheidsrisiko vir inwoners inhou.
AfriForum het versoek dat die munisipaliteit ’n memorandum van verstandhouding (MVV) onderteken wat AfriForum die geleentheid gee om bystand aan die munisipaliteit te lewer in moeilike tye. Hierdie MVV sal verseker dat dienslewering voortgaan, al ondervind die munisipaliteit probleme. AfriForum wil graag verseker dat die inwoners van Christiana die nodige dienste ontvang waarvoor hulle betaal.
Hiervoor het ons jou hulp nodig. Die ondertekening van hierdie petisie is nie net nog ’n handtekening nie. Wanneer jy dié petisie voltooi word ’n e-pos direk aan die munisipale bestuurder gestuur. AfriForum versoek dat die munisipale bestuurder dienslewering moet prioritiseer en verseker dat dit op tyd plaasvind. Verder versoek AfriForum dat die munisipaliteit die memorandum van verstandhouding moet onderteken en planne in plek sit sou dienslewering nie kan gebeur nie.
Voeg jou stem by die petisie en staan saam met AfriForum teen swak dienslewering.
"*" indicates required fields




