Belmontpark

05/03/2026
petiesie-banier-Van-der-Bijlstraat

Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:

Ons, die inwoners van Belmontpark, verklaar hiermee dat die konstruksiemaatskappy soos aangestel deur die Kaapstad-metro geensins korrek optree nie en dat die rioolpyplynvervanging ook glad nie netjies of volgens die verwagte standaard uitgevoer word nie.Ons eis gehaltewerk en duidelike tydlyne rakende hierdie konstruksieprojek in Van der Bijlstraat.

Ons is spesifiek ontevrede oor:

  • Onvoldoende veiligheid vir skoolkinders en padgebruikers.
  • Werkers wat inwoners se erwe as ablusiegeriewe gebruik.
  • Die gebrek aan stofbeheer wat toegepas word. (Ondraaglike stof tydens die winderigste seisoen.)
  • Masjienoperateurs wat nie oor die nodige kwalifikasies (sertifikate) beskik nie.
  • Die afwesigheid van inligtingsborde met noodnommers wat aan die publiek vertoon word.
  • ’n Stormwaterdrein wat maande lank toegegooi bly.
  • Gereelde krag- en wateronderbrekings.
  • Riool wat daagliks opstoot, veral ná die Desember-vakansie.
  • Skade aan ons voertuie en eiendomme.

Nadat ons talle e-posse en oproepe oor bogenoemde kwessies aan die Kaapstad-metro gerig het, word ons tans geïntimideer eerder as gehelp.

Ons eis daarom:

  1. Dat die Kaapstad-metro dringend duidelike en deeglike tydlyne vir die hele projek kommunikeer, insluitend ’n presiese datum wanneer die totale herstelwerk voor die huise afgehandel sal wees.
  2. Dat die Kaapstad-metro dringend toesig oor die projek hou en die kontrakteur dwing om aan alle veiligheid- en gehaltestandaarde te voldoen.
  3. Dat alle skade aan inwoners se plaveisel of tuine herstel sal word.

Ons versoek hiermee dat die gemeenskap sal saamstaan en die petisie onderteken.

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
This field is hidden when viewing the form
Naam en van*
05/03/2026

Belmontpark

Ons, die inwoners van Belmontpark, verklaar hiermee dat die konstruksiemaatskappy soos aangestel deur die Kaapstad-metro geensins korrek optree nie en dat die rioolpyplynvervanging ook glad nie netjies of volgens die verwagte standaard uitgevoer word nie.Ons eis gehaltewerk en duidelike tydlyne rakende hierdie konstruksieprojek in Van der Bijlstraat. Ons is spesifiek… [Lees meer]
petiesie-banier-Van-der-Bijlstraat

Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:

Ons, die inwoners van Belmontpark, verklaar hiermee dat die konstruksiemaatskappy soos aangestel deur die Kaapstad-metro geensins korrek optree nie en dat die rioolpyplynvervanging ook glad nie netjies of volgens die verwagte standaard uitgevoer word nie.Ons eis gehaltewerk en duidelike tydlyne rakende hierdie konstruksieprojek in Van der Bijlstraat.

Ons is spesifiek ontevrede oor:

  • Onvoldoende veiligheid vir skoolkinders en padgebruikers.
  • Werkers wat inwoners se erwe as ablusiegeriewe gebruik.
  • Die gebrek aan stofbeheer wat toegepas word. (Ondraaglike stof tydens die winderigste seisoen.)
  • Masjienoperateurs wat nie oor die nodige kwalifikasies (sertifikate) beskik nie.
  • Die afwesigheid van inligtingsborde met noodnommers wat aan die publiek vertoon word.
  • ’n Stormwaterdrein wat maande lank toegegooi bly.
  • Gereelde krag- en wateronderbrekings.
  • Riool wat daagliks opstoot, veral ná die Desember-vakansie.
  • Skade aan ons voertuie en eiendomme.

Nadat ons talle e-posse en oproepe oor bogenoemde kwessies aan die Kaapstad-metro gerig het, word ons tans geïntimideer eerder as gehelp.

Ons eis daarom:

  1. Dat die Kaapstad-metro dringend duidelike en deeglike tydlyne vir die hele projek kommunikeer, insluitend ’n presiese datum wanneer die totale herstelwerk voor die huise afgehandel sal wees.
  2. Dat die Kaapstad-metro dringend toesig oor die projek hou en die kontrakteur dwing om aan alle veiligheid- en gehaltestandaarde te voldoen.
  3. Dat alle skade aan inwoners se plaveisel of tuine herstel sal word.

Ons versoek hiermee dat die gemeenskap sal saamstaan en die petisie onderteken.

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
This field is hidden when viewing the form
Naam en van*

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Maak ’n donasie

Naam en van*

#OnsSalSelf