|

Akteurs sê oor ‘onskuldige liefde’ van Adaan en Mariaan in Ons vir jou

Deur Megan Swart

Met die eerste vertoning van die ikoniese musiekspel Ons vir jou op hande, maak Rico Immelman en Anika de Beer gereed om honderde mense se aandag op die jong en onskuldige liefde tussen Adaan en Mariaan te vestig.

Dié musiekspel, die eerste vollengte musiekspel oor die Tweede Vryheidsoorlog, is vanaand vir die eerste keer in meer as ’n dekade weer op die planke. Terwyl ’n verhaal van oorlog, opoffering en identiteit vertel gaan word, wentel Adaan en Mariaan se storie om liefde.

“Adaan en Mariaan is twee karakters wat, ten spyte van moeilike omstandighede, ’n diep liefde vir mekaar koester. Hulle staan onwrikbaar en bied ’n soort ondersteuning aan mekaar wat slegs ’n jong liefdespaar kan,” sê Immelman.

“Mariaan is ’n karakter vol hoop vir die toekoms – ondanks die verwoestende oorlog – en dit is duidelik te siene in haar liefde vir Adaan,” sê De Beer.

Kyk wat het dié twee akteurs oor die liefdesverhaal te sê:

Rico Immelman en Anika de Beer wat die rolle van Adaan en Mariaan vertolk in die musiekspel Ons vir jou

Anika de Beer (as Mariaan)

Soortgelyke plasings

Ons is Afrikaners