|

Waterdienslewering in Noord-Kaap beroerd, AfriForum dokumenteer waterprobleme

AfriForum doen ’n beroep op inwoners van die Noord-Kaap om wateronderbrekings, drukverlaging en waterlekkasies aan te meld op AfriForum se platform. Die organisasie gebruik hierdie inligting om druk te plaas op munisipaliteite in dié provinsie om hierdie probleme op te los.

Watertoevoeronderbrekings en diensleweringstekorte is veral vir AfriForum ’n groot rede tot kommer. Delportshoop is een van die gemeenskappe wat veral gebuk gaan onder wateronderbrekings. ’n Beskadigde waterpyp in November 2024 het byvoorbeeld gelei tot drukverlaging en in sommige areas algehele verlies aan watertoevoer.  Hierdie gebreke maak inbraak op inwoners se reg op toegang tot genoegsame water soos uiteengesit in artikel 27 van die Wet op Waterdienste van 1998.

Benewens watertoevoeronderbrekings is die tekorte in dienslewering spesifiek ten opsigte van elektrisiteit en padinfrastruktuur.

AfriForum het reeds by monde van Lize-Mari Smit, distrikskoördineerder vir die Karoo, ’n formele versoek gestuur om met die hoof van tegniese dienste by die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit te vergader oor hierdie uitdagings. Volgens Smit het sy ook met Baakanyang Tsinyane, die munisipale bestuurder by Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit, korrespondeer om die dringendheid om watervoorsieningskwessies op te los te beklemtoon.

“AfriForum dokumenteer aktief gevalle van wateronderbrekings, drukverlagings en lekkasies. Elke rapportering brei die mandaat vir gemeenskapsoptrede uit en ons moet saam staan om deursigtigheid, aanspreeklikheid en vinniger optrede te bevorder,” sê Smit.

Rapporteer waterkwessies in jou area! AfriForum dokumenteer wateronderbrekings, drukverlagings en lekkasies. Voltooi die vorm om AfriForum die mandaat te gee om namens jou op te tree en verdere stappe te doen.

Soortgelyke plasings