Rassedebat in SA skeefgetrek, rasionele denke nodig
Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch
Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan βn verslag uitreik waarin die toename van rassisme en haat teenoor Suid-Afrikaanse minderhede, en witmense en Afrikaners in die besonder, toegelig word.
Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het verduidelik dat die rassedebat in Suid-Afrika so skeefgetrek is dat nie meer op rasionele argumente berus nie.
βDie doel van βn konferensie wat ons beoog en die bekendmaking van βn verslag is om uit te wys dat die rassedebat in die land irrasioneel geword het en dat rassisme nou βn gonswoord is. Almal beskuldig almal daarvan en daarom het die woord het nie meer inhoud nie.β
Die verslag sal onder meer verwys na βn reeks voorvalle die afgelope twee jaar waarin growwe dubbele standaarde in die rassedebat toegepas is, veral met betrekking tot jongmense wat in die nuwe Suid-Afrika grootgeword het.
βDaar is baie dubbele standaarde in die rassedebatte en daar is groter verdraagsaamheid teenoor swart mense as teenoor wit mense. Gevolglik beskou baie wit mense nie meer die debat as ernstig nie, veral as daar gesΓͺ word dat swart mense nie rassisties kan wees nie.β
Roets sΓͺ dat hy hoop om met die verslag balans na die debat te bring, daarom sal dit ook internasionaal versprei word. Hy het beklemtoon dat die verslag nie eensydig moet wees nie en daarom word alle rasse- en minderheidsgroepe uitgenooi om deel te neem. βEnigiemand is welkom om klagtes by ons in te dien. Ons wil nie hΓͺ dit moet eensydig wees nie. Die doel is om geloofwaardige konteks te gee aan die rassedebat in die land.
Hy het voorts gesΓͺ dat die navorsingsinstellings waarheen die verslag gestuur gaan word, organisasies is wat politieke navorsing doen en verslae opstel wat deur regerings en ander politieke organisasies gebruik kan word. βHierdie internasionale instellings het die mag om regerings te beΓ―nvloed en om seker te maak dat die inligting by die regte mense uitkom.β
Roets het verduidelik dat verskeie voorbeelde en aspekte van rassisme aandag sal kry. βOns moet wit rassisme ook veroordeel en aanspreek. Dit is egter nie regverdig om rassisme te veroordeel as dit net van βn wit persoon kom nie. Dit moet van alle kante beveg word.β
Hy het verwys na onlangse debatte oor die moontlike instelling van βn wet wat tronkstraf sal behels indien βn person aangekla word van rassisme. βOns is bekommerd dat so βn wet nie konsekwent op alle landsburgers toegepas sal word nie.β
Voorbeelde van rassisme wat aandag sal kry, sluit ook rassistiese uitsprake van regeringslui in. βNathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het byvoorbeeld gesΓͺ dat hulle (die regering) nie sal toelaat dat βrassisteβ vir hulle voorskryf oor rassisme nie,β het Roets gesΓͺ.
Volgens Roets is daar βn veralgemening dat rassisme slegs aan wit mense gekoppel kan word.
βn Onlangse en prominente voorbeeld volgens hom is die saak van die studente van die Universiteit van Stellenbosch wat hulself pers geverf het om soos ruimtewesens te lyk vir βn koshuispartytjie. βDie studente is geskors omdat die verf βte donkerβ was en dit op sekere fotoβs soos swart verf gelyk het, wat kwansuis rassisties is.β
Ander voorbeelde van rassisme wat toegelig sal word, sluit in die sing van haatliedere om mense op te sweep en tot geweld aan te hits, asook haatspraak op sosiale media.
Die verslag sal gedurende die eertse helfte van vanjaar tydens βn konferensie vrygestel word. Dit sal op 21 Maart op Internasionale dag vir die Bestryding van Rassisme aan internasionale rolspelers oorhandig word.



