TAKSUKSESSE: SEPTEMBER-OKTOBER 2025

GAUTENG

GROTER PRETORIA-SUID

Centurion

(September)  

  • Die tak se buurtspan het 18,4 ha gras gesny. 
  • Die tak se buurtspan het 7 780 kg gras en vullis verwyder tydens verskeie skoonmaakprojekte. 
  • Die tak se buurtspan het 1 000 kg boomtakke opgesnipper.
  • Die tak se buurtspan het drie bome wat omgeval het opgesaag en verwyder.
  • Die tak se buurtspan het 440 groot herwinningsakke sorteer. 
  • Die tak se buurtspan het 30 974 kg herwinningsmateriaal opgetel. 
  • Buurtwaglede het 141 patrollies gery waartydens 4 448 km in 340 manure afgelê is.

(Oktober)  

  • Die tak se buurtspan het 3,7 ton gras en afval verwyder tydens verskeie skoonmaakprojekte.
  • Die tak het R1 230,30 bestee aan skoonmaakprojekte.
  • Die tak se buurtspan het drie bome wat omgeval het opgesaag en verwyder.
  • Twaalf nuwe lede het by die tak aangesluit.
  • Die tak se buurtspan het 944 herwinningsakke sorteer.
  • Die tak se buurtspan het 40 ton herwinningsmateriaal ingesamel, waarvan 13 ton weggegooi is en 26,8 ton verkoop is. R47 726 is opgelewer vir gesorteerde materiale.
  • Buurtwaglede het 170 patrollies gery waartydens 5 852 km in 529 manure afgelê is.

Pretoria-Oos

  • Die tak het 1,6 ha gras gesny.
  • Taklede het 140 sakke vullis verwyder.

Pretoria-Wes

  • Taklede het 0,98 ha gras gesny in Jan Ellis- en Heatliestraat, asook in Danweg.
  • Die tak het skoongemaak rondom ’n stormwaterpyplyn, maar omdat dit verstop is kan die gras nie gesny word nie.

Pionier

  • Die buurtwag het 11 patrollies gery waartydens 70 km afgelê is.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op drie ongelukstonele deur die tonele te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die buurtwag het drie slaggate opgevul.
  • Buurtwaglede het twee verdagtes vasgetrek met behulp van “trailcams”. Hulle kon egter nie verbind word aan enige hangende sake nie.

GROTER PRETORIA-NOORD

Noord van die berg

(September)

  • Die tak se buurtspan het stukkende stukke teer opgetel en weggery wat langs die pad in Montana gelê het.
  • Die tak se buurtspan het talle herwinningsprojekte aangepak.
  • Die tak se buurtspan het gras en takke opgetel en weggery.

(Oktober)

  • Die tak se buurtspan het 1 460 km afgelê waartydens 1 495 sakke vullis opgetel is, 200 vragte weggery is en 33 slaggate opgevul is.
  • Die tak se buurtspan het Amandelboomspruit en Akasiahoek skoongemaak.
  • Die tak se buurtspan het advertensieborde opgerig in Daan de Wet Nelrylaan.

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het altesaam 80 manure met kettingsae in die hand spandeer.
  • Die tak se buurtspan het altesaam 95 manure met bossiekappers in die hand spandeer.
  • Die tak se buurtspan het altesaam 12 slaggate opgevul.
  • Die tak se buurtspan het altesaam 1,4 ha gras gesny.
  • Die tak se buurtspan het oorgroeide bosse, laaghangende takke en indringerbome naby die spruite gesnoei en verwyder.
  • Die tak se buurtspan het drie vragte stompe weggery.

Wes-Moot

  • Die buurtwag het gehelp om ’n brand op ’n kleinhoewe in Zandfontein onder beheer te bring.
  • Buurtwaglede het sewe brande op kleinhoewes in Kameeldrift-Wes saam met die Krokodilrivier BBV geblus.
  • Die buurtwag het twee brande op kleinhoewes in Andeon saam met die Krokodilrivier BBV geblus.
  • Die buurtwag se beheerkamer het twee verdagtes op kameras waargeneem wat die plaaslike reservoir se drukklepkamer in Pretoria Tuine betree het. Proshield Security het blitsig daarop gereageer en die verdagtes verjaag.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het van sy lede vir opleiding in brandbestryding gestuur.
  • Die buurtwag het drie suksesse met sy kamerastelsel behaal.
  • Buurtwaglede het gehelp om die Hercules GPF se radio’s in te stel.
  • Buurtwaglede het ’n roudiens bygewoon.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Johannesburg-Noord

  • Die buurtwag het sy maandelikse patrollie in die Wespark-begraafplaas gery. Sewe buurtwaglede het voetpatrollies gedoen.
  • Die tak se watertenkprojek by die Fontainebleau Gemeenskapskerk is byna gereed. Die finale suiweringstoets sal ook binnekort gedoen word. Taklede het ook drie krane geïnstalleer.
  • Taklede het verskeie projekte in samewerking met die Linden SAPD voltooi. 
  • Die buurtwag het patrollies saam met die Linden SAPD en die Linden GPF gehou waartydens verskeie inhegtenisnames ook gemaak is.
  • Buurtwaglede is gestuur vir nabygevegsopleiding .
  • Die tak het ’n aanlyn inligtingsessie vir sy lede gehou waartydens verskeie punte bespreek is.
  • Die buurtwag het ’n inligting-en-samewerkingsessie by die Fontainebleau Gemeenskapskerk gehou. Verskeie ondernemings, sekuriteitsmaatskappye, gemeenskapsleiers en wyksraadslede het die sessie bygewoon. Bestaande verhoudings is versterk en nuwe kontakte is opgebou tydens die sessie.
  • Buurtwaglede het saam met die Linden SAPD en die Linden GPF patrollies gedoen.  Tydens een van hierdie patrollies was AfriForum-buurtwaglede eerste op die toneel by ’n huisbrand in Bram Fischerrylaan.

Krugersdorp

  • Die tak se buurtspan het al langs Donegalweg in Kenmare gras gesny en skoongemaak. Hulle het ses sakke vullis opgetel.
  • Die tak se buurtspan het in Humanstraat by die park rondom die tronk skoongemaak. Hulle het 48 sakke vullis opgetel.
  • Die tak se buurtspan het die veld rondom die Hoërskool Jan de Klerk en die plaaslike polisiestasie skoongemaak en 11 sakke vullis opgetel.
  • Die tak se buurtspan het die padskouer en sypaadjie in Halgryn- en Wagenstraat skoongemaak.
  • Die tak se buurtspan het die veld langs die spruit en substasie skoongemaak en 38 sakke vullis opgetel.
  • Die tak se buurtspan het rondom die Paul Kruger-standbeeld gras gesny en vullis opgetel. In totaal is 15 sakke vullis opgetel en ’n bakkievrag takke en gras is verwyder.
  • Die tak se buurtspan het die veld en padskouer skoongemaak op die hoek van Robert Broomrylaan en die R563 oorkant Munsieville en 64 sakke vullis opgetel.
  • Die buurtwag het 3 024 km in 356 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het ’n massapatrollie gehou om sigbaarheid in die gemeenskap te verhoog.
  • Buurtwaglede het aan wapenopleiding deelgeneem.
  • Die buurtwag het van sy lede vir selfverdedigingsopleiding gestuur.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n aksie gehou waartydens lede verfbal (paintball) gespeel het.
  • Die tak se buurtspan het ’n totaal van 273 sakke vullis opgetel en verwyder tydens ’n inisiatief getiteld “sakprojek”. Die takbestuur het selfs Mogale City-amptenare oortuig om by die projek betrokke te raak.
  • Die tak se buurtspan het 60 sakke vullis opgetel en gras verwyder by die Paul Kruger-monument.
  • Die tak se buurtspan het in samewerking met gemeenskapslede drie ingange na Robert Broomrylaan met klippe en sand help versper nadat lede van die publiek by dié straat ingery en onwettig vullis gestort het.
  • Die buurtwag het gehelp met die blus van veldbrande in die omgewing.
  • Die buurtwag het ondersteuning op ongelukstonele gebied deur die tonele te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied nadat ’n lapa by ’n woonhuis afgebrand het.
  • Die buurtwag is ontbied na die Herberg Hotel, ’n historiese gebou, nadat ’n brand daar ontstaan het. Buurtwaglede het die nooddienste ondersteun soos nodig.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n boom wat omgeval en die pad versper het, te verwyder.
  • Die buurtwag het inligting ontvang van ’n kabeldiefstal in Noordheuwel. Danksy buurtwaglede se vinnige optrede is sewe inhegtenisnames gemaak, terwyl gesteelde kabels ook teruggekry is.
  • Buurtwaglede het die SAPD gehelp om ’n verdagte voertuig wat met vals nommerplate rondgery en vulstasies beroof het, aan te keer en die twee insittendes in hegtenis te neem.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n gekaapte vragmotor op te spoor en die bestuurder daarvan in hegtenis te neem.

Roodepoort

  • Die tak se tuinspan het 21 swartsakke vullis opgetel.   
  • Die tak se tuinspan het 265 m² gras gesny.      
  • Die tak se tuinspan het 4 manure gewerk.
  • Die buurtwag het 2 305 km in 610 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig
  • Buurtwaglede het die Honeydew-gemeenskap gehelp om ’n waterpyp te herstel in ’n gevaarlike area naby die Zandspruit-plakkerskamp.
  • Die buurtwag het in ’n operasie saam met Unchain our children gehelp om onskuldige kinders uit die kloue van dwelmsmokkelaars te bevry. Buurtwaglede was verder daarby betrokke om hierdie dwelmsmokkelaars in rehabilitasie te plaas.
  • Buurtwaglede het ’n verdagte voertuig opgemerk en dit agtervolg, waarna hulle ook die Florida SAPD gekontak het vir ondersteuning. 
  • Die buurtwag het saam met die Kagiso SAPD, die Gautengse verkeersdepartement en Crime Prevention Wardens gewerk om ’n operasie uit te voer waartydens twee inhegtenisnames gemaak en R5 800 se boetes uitgereik is.
  • Buurtwaglede is gekontak om hulp tydens ’n rooftog. Die Honeydew SAPD is ook na die toneel ontbied.                             
  • Die buurtwag is deur ’n raadslid om hulp gekontak nadat dwelmhandelaars bejaardes in die omgewing geïntimideer het.    

OOS-RAND

Alberton

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op die toneel van ’n motorfietskaping nadat ’n oor-en-weer-skietery plaasgevind het.
  • Buurtwaglede het in samewerking met veiligheidsrolspelers soos die Johannesburgse metropolisie, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander AfriForum-buurtwagte aan ’n operasie in Kibler Park deelgeneem waar verdagtes wat by kabeldiefstal, onwettige vuurwapenbesit en dwelmhandel betrokke was, vasgetrek is.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer. 
  • Die tak het voortgegaan met sy kameraprojek.
  • Die buurtwag het 1 091 km in 154 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het bome geplant by die Alberton Service Centre for Senior Citizens.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Sowat 25 buurtwaglede het 3 800 km in 6 manure afgelê.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Swartkoppies deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer. 
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel by die Lemon Tree-winkelsentrum deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer. 
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die R59-snelweg deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer. 
  • Die buurtwag het kamerapale opgerig; die elektrisiteit moet egter nog gekoppel word.
  • Buurtwaglede het 1 083 km in 65 manure afgelê.

Brakpan

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 48 buurtwaglede het 6 452 km in 12 manure afgelê om sigbaarheid in die dorp te verhoog.
  • Die buurtwag het ’n groot operasie saam met die Gautengse premier en verskeie ander rolspelers van stapel gestuur om Plastic City skoon te maak. Die area is ’n groot gesondheidsrisiko as gevolg van groot hoeveelhede rommel en plastiek wat daar verbrand word.

Benoni

  • Die buurtwag het 1 178 km in 199 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak se Syntell-projek het 8 339 478 lesings deur die loop van die maand geneem.
  • Taklede het saam met Homestead Helpers ’n skoonmaak- en boomplantaksie by die Homesteadmeer van stapel gestuur.
  • Buurtwaglede het ’n patrollie gehou om misdaad te bekamp aangesien dit besig is om toe te neem in die gebied.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 28 buurtwaglede het 900 km in 6 manure afgelê.
  • Die tak het ’n skoonmaakaksie saam met die Sektor 3 GPF gehou waartydens hulle onkruiddoder in die gebied tussen Trig- en Great North-weg gestrooi het.
  • Taklede het ’n bewusmakingsopname via Forum Fokus onder inwoners gedoen rakende die riool- en hiasinteprobleem by sowel die Civic- as die Homesteadmeer.

Boksburg

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek saam met Spar en die gemeenskap gehou by die veld in Riggstraat, Jansenpark.

Edenvale

  • Die tak het ’n instandhoudings- en skoonmaakprojek op die hoek van Terrace- en Andries Pretoriusweg in Eastleigh gehou, asook by die Hope City Church.
  • Taklede het herstelwerk aan stormwaterdreine in Harrislaan, Edenglen gedoen.
  • Die tak het in samewerking met AfriForum se Kempton Park-tak ’n skoonmaakprojek by die Zuurfontein-begraafplaas gehou.

Germiston

  • Ses lede van die tak het tydens ’n aanlyn sessie inligting versamel.
  • Die tak het 14 van sy lede vir geakkrediteerde noodhulp-, brandbestryding- en Stop the bleed-opleiding gestuur. Almal het intussen hul sertifikate ontvang.
  • Die tak het aanlyn opleiding vir sy lede gebied in ’n kursus getiteld “Ek het iemand geskiet”.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n pretdag aangebied met die hoop om nuwe lede op te teken.
  • Die tak het aanlyn opleiding oor operasionele sekerheid vir sy lede aangebied.
  • Die tak het ’n loopraam vir ’n vrou in Brakpan geskenk.
  • Die tak het verskeie kragonderbrekings, onwettige aansluitings, waterlekkasies, stukkende verkeersligte en slaggate by die Ekurhuleni-metro aangemeld en selfs van die werk self gedoen.
  • Buurtwaglede het eer betoon aan ’n lid van Graphite Security wat in Primrose deur onwettige myners doodgeskiet is. Die buurtwag het baie nou saam met die oorledene gewerk.
  • Die buurtwag het met kol. Eunice Nzuza, stasiebevelvoerder van die Primrose SAPD, vergader om AfriForum se teenwoordigheid by plaaslike insidente te bespreek en ondersteuning aan die stasie te bied.
  • Die buurtwag het saam met SWS Sekuriteit ondersteuning op ’n ongelukstoneel in Dinwiddie gebied deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem waar die fokus op sigbaarheid was. Tien lede het ’n totaal van 102 km in 7 manure afgelê.
  • Die buurtwag het sy maandelikse patrollie in Germiston gedoen. Woonbuurte waar gepatrolleer is sluit in Dinwiddie, Lambton, Elsburg en Elspark.
  • Buurtwaglede het aan ’n spesiale operasie saam met die SAPD deelgeneem deur plakkers in Graceland, Elspark te verwyder.

Kempton Park

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by die Zuurfontein-begraafplaas gehou.
  • Taklede het verskeie skoonmaakprojekte by Helpende Hand se Ons Plek gehou waartydens onderskeidelik 74, 48, 32 en 30 swartsakke blare opgetel en weggery is.
  • Buurtwaglede het toegangsbeheer by die Zuurfontein-begraafplaas toegepas sodat families hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 37 buurtwaglede het 1 500 km in 8 manure afgelê.
  • Die buurtwag het tydens ’n soektog na ’n vermiste persoon in samewerking met 24/7 Security, VUMA Cam en die vermiste persoon se dogter belangrike ANPR-kameradata en selfoonopsporingsinligting gebruik om die vermiste persoon op te spoor.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied tydens ’n brand. Hulle het ook die brandweer ontbied.
  • Die buurtwag het inligting ontvang dat ’n taklid se familielid se grafsteen ingeval het, waarna buurtwaglede die nodige herstelwerk gedoen het.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op die R21-snelweg nadat ’n AfriForum-lid deur ses mans beroof en gekaap is.
  • Die buurtwag het gehelp om die Zuurfontein-begraafplaas te beveilig om sodoende te verseker dat gemeenskapslede hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die R21-snelweg deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer. 
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Bredell deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die Pomona-afrit deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer. 
  • Die tak het die Ekurhuleni-metro in kennis gestel van ’n boom wat omgeval en ’n pad versper het.

Springs

(September)

  • Die tak het R10 000 aan die Hoërskool Hugenote geskenk.
  • Buurtwaglede het 2 900 km in 221 manure afgelê.
  • Die tak se tuinspan het ’n skoonmaak- en opruimingsprojek by die eendedam aangepak nadat ’n boom daar omgeval het. Lede van die tuinspan het gehelp om die boom kleiner te saag en dit stuk vir stuk te verwyder.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n huisbrand te blus.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 8 buurtwaglede het 638 km in 5 manure afgelê.
  • Die buurtwag het ’n totaal van 221 manure op die pad spandeer waartydens 2 346 km afgelê is.

(Oktober)

  • Die buurtwag het lede van die publiek te hulp gesnel nadat hulle langs die pad aangerand is.
  • Buurtwaglede het dwelms en wapens by straatbewoners gekonfiskeer.
  • Die tak het sy SNIPR-kamerastelsel voortdurend gemoniteer.
  • Die tak het in samewerking met AfriForum-hoofkantoor ’n aksie van stapel gestuur wat behels dat die haglike omstandighede by die Presidentia Aftreeoord ondersoek word.
  • Die tak se tuinspan is steeds weekliks besig met die instandhouding van George Sutter-park in Selection Park.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 177 patrollielede het in 113 voertuie 13 392 km in 44 manure afgelê.

MPUMALANGA

HOËVELD

Bethal

(September)

  • Taklede het skoonmaakprojekte op verskeie plekke in die dorp van stapel gestuur. Dit vorm deel van die Bethal Trots-inisiatief wat deur AfriForum geloods is.
  • Die tak het voortgegaan met sy regstryd om voldoende watervoorsiening vir Bethal se inwoners te verseker, hoewel daar tans weer water in die dorp is. ’n Hofdatum is vir Februarie 2026 vasgemaak.
  • Taklede het rondom die Nestlé-brug en die driehoektuin skoongemaak en gras gesny.
  • Die tak het skoongemaak by die ingang na die CVO Skool op die Kriel-pad.
  • Taklede het altesaam 63 sakke vullis verwyder tydens twee skoonmaakprojekte.

(Oktober)

  • AfriForum se noodwaterpunte by die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Christelike Kerk is deur inwoners gebruik tydens wateronderbrekings in die dorp. Meer as 24 000 liter water is deur die loop van die maand versprei.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
  • Taklede het skoonmaakprojekte op verskeie plekke in die dorp van stapel gestuur. Dit vorm deel van die Bethal Trots-inisiatief wat deur AfriForum geloods is.
  • Die tak het voortgegaan met sy regstryd om voldoende watervoorsiening vir Bethal se inwoners te verseker, hoewel daar tans weer water in die dorp is. ’n Hofdatum is vir Februarie 2026 vasgemaak.
  • Taklede het 140 sakke teer gebruik om slaggate in Tsibitso Sibanyoni-, Van Riebeeck- en Wockestraat op te vul.
  • Die tak het nagenoeg 10 ton doleriet gebruik om slaggate in Hoëveld- en Van der Stellaan op te vul.

TEKS (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

(September)

  • Die tak se buurtspan het nagenoeg 26 600 m² skoongemaak. Dit sluit primêr groenstroke in die volgende areas in:
  • Jack Hindonstraat
  • Die tak het tot dusver vanjaar al 267 000 m² se skoonmaakprojekte aangepak.

(Oktober)

  • Die tak se buurtspan het nagenoeg 23 300 m² skoongemaak. Dit sluit primêr groenstroke in die volgende areas in:
    • Jack Hindonstraat
    • Van Mellestraat
    • H.v. Vaalrivier- en Wolwespruitstraat
    • H.v. Witzenberg- en Tugelastraat
  • Die tak het tot dusver vanjaar al 290 000 m² se skoonmaakprojekte aangepak.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het ondersteuning gebied na afloop van verskeie voorvalle in die omgewing, insluitend ’n plaasaanval en ’n grondbesetting. Die grondbesetting is in samewerking met ander rolspelers se hulp suksesvol afgeweer.
  • Die Delmas Valke-buurtwag se mediese span het op 21 voorvalle gereageer en ondersteuning gebied totdat die nooddienste opgedaag het.
  • Die Delmas Valke-buurtwag, asook die Argent-buurtwag en -plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Delmas Valke-buurtwaglede het twee verdagtes in hegtenis geneem tydens verskeie voorvalle.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het saam met ander veiligheidsrolspelers gehelp om twee gesteelde voertuie terug te vind.
  • Die Delmas Valke-buurtwag se mediese span het op nog 17 voorvalle gereageer en ondersteuning gebied totdat die nooddienste op die toneel aangekom het.

Ermelo en Chrissiesmeer

(September)

  • Taklede het 79 sakke vullis uit die AfriForum-vullisdromme verwyder. ’n Totaal van 389 sakke is tot dusver vanjaar al verwyder.
  • Die takke het 85 000 m² gras gesny. Die areas waar gesny is sluit in die begraafplaas, die slagveld en gedenkmuur, langs die N17-hoofweg, en in Bothwell-, Percy-, King Edward-, Meyer-, Carolina-, Mitchell-, Simmer-, Jack-, Jan van Riebeeck- en Steynstraat.

(Oktober)

  • Taklede het 66 sakke vullis uit die AfriForum-vullisdromme verwyder. ’n Totaal van 455 sakke is tot dusver vanjaar al verwyder.
  • Die takke het 52 000 m² gras gesny. Die areas waar gesny is sluit in die begraafplaas, die gedenkmuur, langs die N17-hoofweg, en in Bothwell-, Percy-, King Edward-, Meyer-, Carolina-, Mitchell-, Simmer-, Jack-, Jan van Riebeeck- en Steynstraat.
  • Die buurtwagte het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul onderskeie gemeenskappe te beskerm.

Standerton

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het meer as 16 000 liter water vir die Standerton-hondeherberg aangery.
  • Die tak het gehelp om heinings rondom die munisipale geboue te herstel.
  • Taklede het talle bome opgesaag wat oor paaie en selfs op ’n huis geval het.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n plaaslike pretloop se roete te beveilig.
  • Die buurtwag het verskeie patrollies en sigbaarheidsinisiatiewe saam met Kasselman Sekuriteitsdienste aangepak.
  • Buurtwaglede het ’n brand by die vullisterrein help blus.
  • Taklede het gehelp om die terrein vir die Standerton Landbouskou voor te berei. Die tak het ook tweede prys gewen in die skou se Kokkedoor-potjiekoskompetisie.
  • Die tak het gehelp met ’n projek in Morgenzon waar al die paaie oopgeskraap is. Taklede het verskeie bome se takke gesnoei sodat masjinerie in die strate kon afry sonder om die bome te hak.

Middelburg

(September)

  • Die MidWit-buurtspan het 282 sakke teer gebruik om 124 slaggate op te vul.
  • MidWit-buurtspanlede het die Vergeet my nie-terrein skoongesny.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

(Oktober)

  • Die MidWit-buurtspan het 165 sakke teer gebruik om 80 slaggate op te vul.

Witbank

(September)

  • Die MidWit-buurtspan het 305 sakke teer gebruik om 102 slaggate op te vul.
  • MidWit-buurtspanlede het begin om O.R. Tamboweg skoon te sny.
  • Die MidWit-buurtspan het verkeerstekens rondom die Laerskool Kragbron vervang.

(Oktober)

  • MidWit-buurtspanlede het 234 sakke teer gebruik om 92 slaggate op te vul.

Piet Retief

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het in samewerking met ACSU Sekuriteit straatnaamborde in die dorp vervang.
  •  
  • LIMPOPO

Naboomspruit    

Warmbad

  • Die tak het Apiesdoringpark skoongemaak.
  • Die tak het die middelman in Quaggaweg skoongemaak.
  • Taklede het die sypaadjies in Lunaweg en Minaarlaan skoongemaak.
  • Die tak het kragbokse in die dorp geverf.
  • Taklede het die munisipale tuine skoongemaak.

Nylstroom

  • Die tak het ’n braksloot in die dorp skoongemaak.

Phalaborwa

  • Taklede het bome korter gesaag.
  • Die tak het van sy lede vir veldbrandopleiding gestuur.
  • Die tak het gehelp om water aan te ry na huishoudings wat sonder water moes klaarkom.
  • Taklede het gehelp om veldbrande te bestry.

Potgietersrus

  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het gehelp om veldbrande te bestry.
  • Die buurtwag het aan ’n operasie saam met HPG deelgeneem om veediewe vas te trek.

Groblersdal

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het slaggate in Buffelstraat opgevul.
  • Buurtwaglede het gehelp om veldbrande te bestry.

Ellisras

  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van veldbrande in die omgewing.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Pietersburg

  • Die Pietersburg-Suid-plaaswag het gehelp met die bestryding van veldbrande.
  • Pietersburg-Suid-plaaswaglede het die padreserwes rondom die pale waarop die tak se kameras gemonteer is, skoongemaak.
  • Die Pietersburg-Suid-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het noodhulpopleiding vir vroue aangebied.

Thabazimbi

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Tzaneen

  • Die tak het ’n noodwaterpunt opgerig wat deur gemeenskapslede gebruik kan word.

WES-KAAP

Cederberg

Durbanville

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery – veral in die sentrale sakekern – om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag se protospan het in samewerking met die SAPD aan ’n operasie deelgeneem wat op dwelmhuise in die omliggende gebiede gefokus het.
  • Die buurtwag het ’n profielverwante oudit van alle hawelose mense in Durbanville gedoen.
  • Die buurtwag het ’n addisionele lid laat oplei om deel van die protospan te vorm en die bestaande span sodoende te versterk.
  • Die tak het ’n projek by die Durbanville-polisiestasie gehou wat behels het om stukkende blinders in die kantore te vervang.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Bellville-buurtwag het vyf van sy lede vir opleiding in rampbestuur gestuur.
  • Die tak het saam met die SAPD aan ’n suksesvolle operasie in Brackenfell deelgeneem waar daar spesifiek gefokus is op huisbraak en diefstal uit voertuie.

Kraaifontein

  • Taklede het aan ’n opruim-en-skoonmaakprojek deelgeneem waartydens hulle parke skoongemaak en gras gesny het. Die twee parke, asook die ingange daarvan word tweeweekliks in stand gehou.
  • Die Sektor 4B-buurtwag het saam met die SAPD en wetstoepassingsbeamptes deurlopend patrollies gery waartydens talle suksesse behaal is.

Malmesbury

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het in samewerking met Kaapjag ’n suksesvolle skietdag vir die jeug in Moorreesburg aangebied.

Vredendal

  • Verskeie plaas- en buurtwagte in die Vredendal-gebied – waaronder De Draai, Draaihoek, Holrivier, Klawer, Kleinrivier, Koekenaap, Lutzville, Nuwerus, Spruitdrif, Trawal, Vanrhynsdorp, asook Lutzville en Vredendal – het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak se protospan het in samewerking met die SAPD aan ’n suksesvolle landelike veiligheidsoperasie deelgeneem.

Weskus

  • Die Hopefield- en Hartbeesfontein-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het ’n suksesvolle vrywillige opleidingsdag gehou waar sommige van sy lede opgelei is in basiese vlak 1-buurtwagopleiding.
  • Die tak het die opening van ’n blommestaproete in Longacres gehuisves waartydens Helen Zille en die burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit die gemeenskap toegespreek het.

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery en met behulp van hul hommeltuig verdagtes vasgetrek wat besig was om kabels te steel.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD aan ’n operasionele aksie deelgeneem waartydens daar op vyf bekende dwelmhuise toegeslaan is.

Helderbergkom

  • Die Gordonsbaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Helderbergkom-buurtwag het ’n massapatrollie gehou in samewerking met die Gordonsbaai SAPD, wetstoepassingsowerhede en die Gordonsbaai-buurtwag. Buurtwaglede het ook verdagte motors deursoek.
  • Die tak het Victoriapark se voetpatrollie bygewoon saam met sewe ander buurtwagte, verskeie sekuriteitsmaatskappye en wetstoepassingsowerhede. Meer as 7 km is uiteindelik afgelê.
  • Helderbergkom-taklede het gehelp om ’n brand by ’n bejaarde se woning te blus. Hulle het ook help toesien dat hy tydelik plek in ’n ouetehuis kon kry.
  • Helderbergkom-taklede het gehelp om die Ingrid Jonker Monument te restoureer.
  • Die tak het fondse geskenk vir die restourasie van die Sir Lowry’s-poskantoor, wat tot ’n historiese gebou verklaar is. Dit is ook die plek waar die tak hul maandvergaderings hou.
  • Die tak het twee nuwe traumavrywilligers opgelei om die tak se vyf bestaande opgeleide traumavrywilligers te ondersteun.
  • Die tak het een van sy lede vir protospanopleiding gestuur om die tak se vyf bestaande opgeleide protospanlede te ondersteun.
  • Die tak het ’n skietdag aangebied waartydens die jeug opleiding in wapenbehendigheid geleer het. Elkeen het ook die geleentheid gehad om onder toesig met verskeie vuurwapens te skiet.
  • Die buurtwag is ontbied na ’n toneel oorkant die Gordonsbaai-polisiestasie waar ’n persoon selfmoord probeer pleeg het. Buurtwaglede het die SAPD ondersteun deur toe te sien dat die persoon veilig na ’n hospitaal vervoer word.

Overstrand

  • Die Alfa-, Pearly Beach- en Franskraal-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Alfa-buurtwag het in samewerking met die SAPD, wetstoepassingsowerhede, George Herold, ADT, Culive Security en Sundown Security ’n massapatrollie gehou wat in Kleinmond begin en in Hermanus geëindig het. Buurtwaglede het ook ’n hommeltuigvertoning in Kleinmond gehou.

Paarl

  • Die buurtwag het een van sy lede vir protospanopleiding gestuur, terwyl twee ander lede van die buurtwag as instrukteurs opgetree het.

Stellenbosch

  • Die Stellenbosch-buurtwag en Groot Drakenstein-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Buurtwaglede het ’n totaal van 2 791 km in 458 manure afgelê.
  • Die buurtwag het een patrollie saam met die Strand SAPD gery.
  • Buurtwaglede het twee keer deur die loop van die maand ondersteuning aan gemeenskapslede gebied deur die nooddienste te ontbied.
  • Die buurtwag het op drie ongelukstonele ondersteuning gebied deur die tonele te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die tak het drie keer deur die loop van die maand bewusmakingsaksies rondom  massapatrollies gehou.
  • Die tak het drie nuwe traumavrywilligers opgelei, asook tien lede vir rampbestuursopleiding gestuur.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Die buurtwag het in totaal 21 manure gepatrolleer deur die loop van die maand.
  • Twee takbestuurslede het die tak tydens die Toevlug-rehabilitasiesentrum se jaarvergadering verteenwoordig.

Theewaterskloof

  • Die tak het ’n optog na die Caledon-polisiestasie gehou om strafregtelike klagtes teen die Theewaterskloof Plaaslike Munisipaliteit te lê oor die onwettige bedryf van die rioolsuiweringsaanleg en die vullisterrein skaars 25 m vanaf ’n gevestigde buurt én sonder die nodige sonering.

George

  • Die Geelhoutboom-, Herold- en Kammanassie-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag en die Victoriabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Taklede het verskeie hommeltuigoperasies gehou om inbrekers aan te keer.
  • Die tak het ’n hommeltuigoperasie saam met wetstoepassingsowerhede gehou.
  • Taklede het ’n hommeltuigoperasie gehou om vermiste kinders op te spoor.
  • Die tak het tien van sy lede vir protospanopleiding gestuur.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Albertinia-plaaswag het in samewerking met die Tuinroete-distriksbrandweer ’n brand net buite Albertinia met hul vuurvegterwaentjie help blus.
  • Die Hessekwa-tak het een van sy lede vir protospanopleiding gestuur.
  • Die Albertinia-plaaswag het die Albertinia-polisiestasie se draadheining herstel ná ’n poging tot inbraak.
  • Hessekwa-taklede het bewusmakingsaksies gehou tydens ’n plaaslike skietdag in Riversdal.
  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het opgetree as baanbeamptes tydens ’n pretdraf in die omgewing.

Kaap Agulhas

  • Die Struisbaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het verhoogde patrollies tydens NAMPO Kaap gehou.

Knysna

  • Taklede het voortgegaan met die derde fase van hul deurlopende padherstelprojek langs die N2-snelweg, met ’n spesifieke fokus op die padreling.
  • Die tak het deurlopend die badkamers by die Sedgefield-meer onderhou.
  • Die buurtwag het vlak 1-opleiding in regsaspekte, toneelhantering, patrollies, grondgrype en ongelukstoneelhantering ontvang.
  • Die tak het drie van sy lede vir protospanopleiding gestuur.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana-, Groot Brak-, Midbrak- en Danabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het as deel van hul omgewingsmaandprojek ’n skoonmaakaksie gehou waartydens hulle vullis op die strande en in die dorp opgetel het.
  • Die tak het sewe van sy lede vir protospanopleiding gestuur.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het die Luscombe- en Middelstraat-park gereeld onderhou.
  • Die Oudtshoorn-buurtwag het vyf inbrekers aangekeer.
  • Oudtshoorn-buurtwaglede het vlak 1-opleiding in radiospraak ontvang.
  • Die tak het ’n petisie met 260 handtekeninge teen die verkoop van alle openbare ruimtes in die dorp aan die Oudtshoorn Plaaslike Munisipaliteit oorhandig.
  • Taklede het as deel van hul omgewingsmaandprojek 85 sakke perdemis by die Middelstraat-park ingewerk, asook drie droë boomstompe verwyder.

Langeberg

  • Die Ashton-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n PAIA-aansoek gebring nadat die Swellendam Plaaslike Munisipaliteit versuim het om antwoorde te verskaf op talle vrae rakende ’n kameraprojek waarvoor daar R100 000 bewillig is.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Cradock

  • Die tak het ’n projek van stapel gestuur wat behels om alle straatname in die dorp oor te doen. Stensils is vir elke straat gemaak en die projek behoort teen einde Oktober voltooi te word.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive-buurtwag het ’n uiters suksesvolle misdaadbewustheidsdag gehou.
  • Die tak het ’n groot skoonmaakprojek in die gebied langs Carringtonweg, langs die spoorlyn, onderneem. Deur die terrein skoon te maak het taklede sigbaarheid herstel, moontlike skuilplekke vir misdaadaktiwiteite verminder en bygedra tot die verbetering van die algemene veiligheid en voorkoms van die area.
  • ’n Broadwood-buurtwaglid het ’n sakgrouer in Margerylaan help vastrek nadat hy ’n inwoner se groen Wheelie-drom gesteel het. Die SAPD is uiteindelik gekontak en die verdagte is in hegtenis geneem.
  • Die Broadwood-buurtwag het ook help soek na ’n leerder van Grey High School wat as vermis aangemeld is nadat hy nie by die huis opgedaag het ná skool nie. Die leerder is uiteindelik veilig en ongedeerd gevind.

Jeffreysbaai

  • Die tak se veiligheidskameraprojek is byna voltooi nadat ’n addisionele 20 kameras tot die netwerk gevoeg is. Die finale aanskakeling daarvan kan ongelukkig nog nie plaasvind nie as gevolg van vertragings by die Kouga Plaaslike Munisipaliteit.
  • Die Thornhill-buurtwag het deurlopend patrollies – veral rondom die plase in die omgewing – gery om hul gemeenskap te beveilig.

Uitenhage

  • Die Mosel-buurtwag het gehelp om ’n siek man veilig by sy huis te kry. Die persoon het flou geval op ’n sypaadjie en is deur buurtwaglede gestabiliseer voordat hulle hom teruggeneem het na sy woning.
  • Die buurtwag het ondersoek ingestel ná ’n oproep dat twee persone by die Willowdam beroof is. Buurtwaglede het die skuldige partye uiteindelik aangekeer.
  • Die buurtwag het gereageer ná ’n oproep van die publiek dat ’n motorkaping plaasgevind het. Nadat ’n jaagtog tussen die buurtwag se patrolleerders en die kapers gevolg het, kon hulle uiteindelik met die SAPD se hulp inhegtenisnames maak.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Graaff-Reinetweg deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede is ontbied na die plaaslike rolbalklub nadat ’n brand daar uitgebreek het. Die buurtwag het vinnig gereageer en die vuur geblus nog voordat die brandweer opgedaag het.
  • Die buurtwag het vier kabeldiewe tydens ’n roetinepatrollie vasgetrek, waarna die SAPD gekontak is
  • Die buurtwag het gereageer op ’n noodroep dat ’n huis in Sangirostraat aan die brand geslaan het. Buurtwaglede het gevolglik gehelp om die brand te blus.

SEPTEMBER

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp
• Die Songloed-buurtwag het noodweeropleiding vir die gemeenskap aangebied.

Potchefstroom
• Die buurtwag se 187 lede het 101 patrollies onderneem waartydens 3 430 km in 282 manure afgelê is.
• Die tak het ’n dringende skrywe aan die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit gerig oor riool wat in die Mooirivier vloei.

Stilfontein
• Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies (soos elektrisiteitsprobleme en die toestand van die dorp se parke) by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.
• Die buurtwag se 15 patrolleerders het 48 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
• Buurtwaglede het vlugtig gereageer ná ’n noodoproep oor ’n moontlike inbraak by ’n huis.
• Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die N12-snelweg deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
• Buurtwaglede het vyf keer ondersoek ingestel na verdagte persone wat in die omliggende gebied opgemerk is.

MARICO

Rustenburg
• Die tak het meer as 75 liter wit verf en 50 liter geel verf gebruik om verkeerstrepe in Pendoring- en Manitokalaan, asook in Kruger-, Ridder- en Kockstraat te verf.

Zeerust
• Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek by die Burghermonument op die dorp. Taklede het in totaal 1 600 m² gras gesny, waarna drie streepsakke gras, blare, takke en ander tuinrommel opgeruim en in twee sleepwavragte weggery is.

Lichtenburg
• Die tak het 16,65 ton teer gebruik om strate te herstel en padveiligheid te verbeter. Taklede het ook ’n petisie geloods oor die waterprobleme in die dorp.
• Taklede het altesaam 6,5 ton teer en groot hoeveelhede SS60 bitumen gebruik om 584 slaggate op te vul en padveiligheid te verbeter. Daar is veral gefokus op Greeffstraat, Charlweg, 2de Laan, Le Rouxweg en Lettiestraat. Hierdie herstelprojekte is moontlik gemaak deur samewerking met plaaslike ondernemings en toegewyde vrywilligers.
• Hoewel Lichtenburg 17 boorgate het wat aan die dorp water verskaf, is inwoners steeds sonder water. Om dié rede het die tak ’n petisie geloods om ’n memorandum van verstandhouding deur die Ngaka Modiri Molema Distriksmunisipaliteit geteken te kry om sodoende instandhouding saam met dié munisipaliteit te kan doen.

Coligny
• Taklede het Voortrekkerstraat skoongemaak as deel van ’n volhoubare instandhoudingsprojek op die dorp. Een bakkievrag tuinrommel en vullis is uiteindelik weggery.

STELLALAND

Vryburg
• Die tak het voortgegaan met sy skoonmaakprojekte in en om die dorp. Taklede het onder meer die Konsentrasiekampbegraafplaas se gras gesny en vullis daar verwyder. Die tak se buurtspan het boomtakke afgesny waar misdadigers moontlik kan wegkruip, asook takke wat motoriste se visie belemmer het.
• Die buurtwag het deurlopend patrollies in die dorp gery en met hoë sigbaarheid verseker dat misdadigers twee keer dink voordat hulle ’n misdaad pleeg.

Sannieshof
• Danksy die AfriForum-tak in Sannieshof is die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit se vullisverwyderingsdienste uiteindelik weer op dreef. Dít volg nadat die munisipaliteit se vullisverwyderingsvragmotor vir twee weke buite werking was weens verouderde bande. Luidens die munisipale bestuurder het die munisipaliteit nie die fondse om die vragmotor se bande te laat herstel nie. Die plaaslike AfriForum-tak het egter self ingegryp en die bande laat afhaal om te herstel. Twee van die bande kon herstel word, terwyl twee bande vervang moes word. Die koste daarvan het meer as R7 000 beloop. Vullisverwyderingsdienste het nog dieselfde dag hervat.

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville
• Die buurtwag het nagenoeg 30 patrollies deur die loop van die maand gery om hul gemeenskap te beveilig.
• Die tak het gemeenskapslede ondersteun met die verklaring van dispute teen onwettige elektrisiteitsverhogings.

Heilbron
• Die tak het akkurate inligting ingesamel oor sowel die beskikbaarheid as die onbeskikbaarheid van water in die dorp.

Parys
• Die tak het verskeie mediaverklarings uitgereik oor die swak stand van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit.

Sasolburg
• Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
• Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery by die noodapteek. (Nagenoeg 20 patrollies.)
• Die tak het ’n skrywe aan die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit gerig nadat AfriForum-personeel van onwettige boupersele verwyder is ná besoeke aan hierdie persele.

Viljoenskroon
• Die buurtwag het 1 247 km tydens 63 patrollies afgelê.
• Die tak het ’n skrywe aan die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit gerig oor onwettige rioolstorting.
• Die tak het ’n leë erf skoongemaak en die vullis weggery.

HOOGLAND

Bethlehem
• Die tak het 6 800 m² gras gesny.
• Taklede het 70 sakke vullis verwyder.
• Die buurtwag het saam met die SAPD gewerk om onwettige sjebiens te sluit.
• Buurtwaglede het gehelp om ’n rower wat vanaf Senekal na Bethlehem gevlug het, vas te trek.

Reitz
• Die tak het gehelp om die plaaslike krieketveld skoon te maak.

Kroonstad
• Taklede het hand bygesit tydens ’n skoonmaakaksie by die konsentrasiekamp in die dorp.

ROSESTAD

Algemeen
• Volhoubare skoonmaakprojekte is by die volgende plekke gehou:
 Ou Presidensie
 Pres. Brand-begraafplaas
 Britsmonument
 Park in Wilgehof
 Park in Lucas Steynweg
 AfriForum-park in Pellissier

AfriForum Vullisverwydering
• Personeel het ’n totaal van 4 468 sakke vullis opgetel en weggery.
• Personeel het die bemarking van ’n drukgroepaksie behartig.
• Personeellede het meer as 900 sakke vullis verwyder as gevolg van die Mangaung-metro se gebrek aan dienslewering.
• AfriForum se Bloemfontein-buurtspan het personeel van AfriForum Vullisverwydering gehelp met opruimingswerk in Heuwelsig deur vullissakke te verwyder.

AfriForum Jeug/Kovsies/AfriForum Dienste
• AfriForum Jeug en AfriForum Dienste het saam aan bewusmaking- en bemarkingsaksies deelgeneem in aanloop tot die VBZ Gholfdag-fondsinsamelingsgeleentheid.
• AfriForum Jeug se Kovsies-tak het ’n kursus genaamd Veiligheid 101 by die Amelia-dameskoshuis aangebied.

AfriForum Sakenetwerk
• AfriForum Sakenetwerk het in samewerking met AfriForum se Bloemfontein-buurtspan, die Rayton-Heuwelsig-buurtwag, die suidelike brandspan, AfriForum Vullisverwydering, Akademia en Solidariteit Helpende Hand ’n park skoongemaak wat dringende ingryping benodig het.
• AfriForum Vullisverwydering het saam met AfriForum Sakenetwerk gewerk en 34 sakke vullis verwyder.

AfriForum Gemeenskapveiligheidsentrum en AfriForum 911 Reaksie-eenheid
• Die reaksie-eenheid het gereageer op ’n motorfietsdiefstal en met die ondersteuning van ITR Sekuriteit is die gesteelde motorfiets by Brandkop opgespoor waar dit tussen bosse en takke versteek was. Die SAPD Parkweg is gevolglik gekontak om die toneel oor te neem.
• Die reaksie-eenheid het opgetree nadat ’n verdagte man met ’n sak ammunisie opgemerk is. By nadere ondersoek is verskeie leë haelgeweerpatrone en een lewendige rondte in sy besit gevind.
• Die GVS-beheerkamer en die reaksie-eenheid was baie aktief. Reaksievoertuie is 82 keer geaktiveer, terwyl 32 patrollies uitgevoer is. Dit verteenwoordig ’n merkbare toename in sigbaarheid in die stad. Drie inhegtenisnames is uitgevoer en drie diefstalvoorvalle is aangemeld, terwyl 16 insidente telefonies en 68 insidente via WhatsApp ontvang is. Vier voorvalle waar mediese bystand benodig is, is ook hanteer.

Wilgehof
• AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte het met trots die veiligheid behartig tydens die Hoërskool Jim Fouché se Vat Vlam-konsert. Verskeie kunstenaars het die gehoor vermaak en die opgewondenheid was groot toe die dag se hoofkunstenaar, Barto, opgetree het.
• Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Uitsig
• Buurtwaglede het saam met die AfriForum 911 Reaksie-eenheid gewerk om inwoners se veiligheid te verseker.
• Die buurtwag het in samewerking met die AfriForum 911 Reaksie-eenheid die veiligheid behartig tydens die Draf/Stap vir Bybels wat op Naval Hill plaasgevind het.
• Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Hospitaalpark
• Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Bloemfontein-Noord (landelik)
• Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Bloemfontein-Noord (stedelik)
• Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Langenhovenpark
• Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Fichardtpark
• Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Pellissier
• Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Rayton-Heuwelsig
• Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

OKTOBER

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp
• Die AfriForum-buurtwagte in Klerksdorp het aan die organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem.
• Songloed-buurtwaglede het ’n park opgeknap, asook fietsry- en staproetes geskraap.
• Die tak het Murantiweg saam met die Doringkruin-buurtwag opgeknap en verkeerstekens vervang.

Potchefstroom
• Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
• Die buurtwag se 187 lede het 101 patrollies onderneem waartydens 3 430 km in 282 manure afgelê is.
• Sowat 15 taklede het 39 sakke vullis weerskante van Govan Mbekilaan opgetel (’n strook van nagenoeg 1 km).

Stilfontein
• Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies (soos elektrisiteitsprobleme en die toestand van die dorp se parke) by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.
• Buurtwaglede het 62 patrollies deur die loop van die maand afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
• Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
• Buurtwaglede is ontbied na ’n woning waar ’n inbraak plaasgevind het.
• Die buurtwag het help soek na ’n gesteelde motorfiets.
• Buurtwaglede het agt keer gereageer nadat verdagte persone opgemerk is.
• Die buurtwag se hulp is ontbied ná inligting ontvang is dat ’n leë huis gestroop word.

MARICO

Rustenburg
• Die tak het meer as 75 liter wit verf en 75 liter geel verf gebruik om verskeie spoedhobbels en padtekens oor te verf.

Zeerust
• Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek by die Burghermonument op die dorp. Taklede het in totaal 1 600 m² gras gesny, waarna ’n streepsak gras, blare, takke en ander tuinrommel opgeruim en in ’n sleepwavrag weggery is.
• Taklede was verantwoordelik vir die vervaardiging van meer as 40 sementblokke met straatname daarop geverf. Dit is vir ’n toekomstige projek.

Lichtenburg
• Die tak het deur die loop van die maand die volgende padherstelprojekte in die dorp aangepak:
 Honderde slaggate is opgevul om sodoende padveiligheid te verbeter.
 20 sakke teer is gebruik om ’n 1 m breë sloot in 6de Laan te herstel en in Bantjesstraat is 18 slaggate opgevul met 12 sakke teer.
 In Gerrit Maritzstraat is spoedhobbels, voetoorgange, padstrepe en verkeerstrepe rondom die ouetehuis oorgeverf. 80 liter padverf is hiervoor gebruik.
 ’n Groot projek is ook in Dr. Beyers Naudé-rylaan aangepak waar die gedeelte van dié pad tussen die Woema-vulstasie en 9de Laan herstel is. Meer as 130 slaggate is met 14 ton warm teer en twee dromme SS60 Bitumen opgevul. ’n Addisionele 31 slaggate in dieselfde straat is ook later met 60 sakke teer opgevul.
 In Doornfonteinweg is 78 slaggate met 4 ton warm teer en een drom SS60 Bitumen opgevul. Op die hoek van Scholtz- en Danielstraat is nóg 86 slaggate met 4 ton warm teer en een drom SS60 Bitumen opgevul.

Coligny
• Die tak het Voortrekkerstraat skoongemaak, waarna twee bakkievragte tuinrommel en vullis weggery is. Hierdie is ’n volhoubare projek van die tak.

STELLALAND

Algemeen
• Die AfriForum-buurtwagte in Bloemhof, Christiana, Delareyville en Vryburg het in samewerking met die SAPD, gemeenskapslede, verskeie privaat sekuriteitsmaatskappye en plaaslike veiligheidstrukture ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer. Dié patrollies het ten doel gehad om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Altesaam 73 patrolleerders het aan die patrollies deelgeneem en in die proses 857 km in 37 voertuie afgelê.

Sannieshof
• AfriForum het die dorp se inwoners ondersteun ná die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit inwoners se kragtoevoer onregmatig afgesny het.

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville
• Buurtwaglede het nagenoeg 30 patrollies deur die loop van die maand gery om hul gemeenskap te beveilig.
• Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Heilbron
• Die tak het akkurate inligting ingesamel oor sowel die beskikbaarheid as die onbeskikbaarheid van water in die dorp.

Parys
• Die tak het verskeie mediaverklarings uitgereik oor die swak stand van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit.
• Taklede het 25 slaggate met 40 sakke teer opgevul.

Sasolburg
• Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
• Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery by die noodapteek. (Nagenoeg 20 patrollies.)
• Taklede het 29,6 ha gras gesny.
• Die tak het vier bome aan Stonehaven on Vaal geskenk as deel van hul boomplantmaandprojek.
• Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Viljoenskroon
• Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

HOOGLAND

Bethlehem
• Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en die plaaslike boeregemeenskap ’n aantal verdagtes in hegtenis geneem.
• Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem en onder meer ’n padblokkade saam met die SAPD beman. Buurtwaglede het 570 km tydens die patrollies afgelê.
• Die plaaslike buurtwagleier het op Maluti FM verskyn om meer te gesels oor AfriForum se veiligheidsinisiatiewe.
• Buurtwaglede het op ’n kabeldiefstal gereageer en uiteindelik ’n inhegtenisname gemaak.
• Die tak se buurtspan het 4 000 km² gras gesny en daarna 140 sakke tuinvullis weggery.
• Die tak was suksesvol in hul poging om die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit te dwing om padmerkers in die dorp se twee hoofstrate te verf.

Winburg
• Die buurtwag het ’n kursus in selfverdediging vir die publiek aangebied.
• Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem en 98 km afgelê.

Bultfontein
• Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem en 243 km afgelê.

Kroonstad
• Taklede het die plaaslike konsentrasiekamp skoongemaak en gerestoureer, waarna ’n kransleggingseremonie by die konsentrasiekampbegraafplaas gehou is.

ROSESTAD

Algemeen
• Volhoubare skoonmaakprojekte is by die volgende plekke gehou:
 Ou Presidensie
 Pres. Brand-begraafplaas
 Britsmonument
 Park in Wilgehof
 Park in Lucas Steynweg
 AfriForum-park in Pellissier

AfriForum Vullisverwydering
• Personeel het ’n totaal van 5 336 sakke vullis opgetel en weggery.

AfriForum Jeug/Kovsies/AfriForum Dienste
• AfriForum Jeug se Bloemfontein-tak het ’n kursus genaamd Veiligheid 101 aangebied. Die aanbieding het teoreties begin met ’n fokus op omgewingsbewustheid, waarna hulle ’n praktiese aanbieding gedoen het wat gehandel het oor die gebruik van ’n vuurwapen en ’n mes in die konteks van selfverdediging.

AfriForum Sakenetwerk
• AfriForum Sakenetwerk het in samewerking met AfriForum se Bloemfontein-buurtspan, die Rayton-Heuwelsig-buurtwag, die suidelike brandspan, AfriForum Vullisverwydering, Akademia en Solidariteit Helpende Hand ’n park skoongemaak wat dringende ingryping benodig het.
• AfriForum Vullisverwydering het saam met AfriForum Sakenetwerk gewerk en 34 sakke vullis verwyder.

AfriForum Gemeenskapveiligheidsentrum en AfriForum 911 Reaksie-eenheid
• AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte is aangewys as die Beste Woonbuurt Forum/Buurtwag tydens die 2025 Best of Bloem-toekennings.
• Die reaksie-eenheid het weer eens vinnig en doeltreffend opgetree nadat daar herhaaldelik by dieselfde perseel in Generaal De Wet ingebreek is. Nadat die reaksiespan die perseel tydens ’n patrollie dopgehou het, is ’n verdagte binne die woning betrap terwyl hy besig was om items te steel. Hy is in hegtenis geneem en die SAPD is gevolglik gekontak.
• Die reaksie-eenheid het die SAPD Bainsvlei vergesel tydens ’n operasie in Langenhovenpark.

Nasionale massapatrollie
• Altesaam 66 buurtwaglede, versprei oor nege buurtwaggebiede, het met 45 voertuie meer as 2 000 km in en om Bloemfontein afgelê. Die buurtwagte het hul oë oopgehou vir enige verdagte aktiwiteite, maar slegs twee geringe voorvalle is hanteer.

Wilgehof
• Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
• Buurtwaglede het die sekuriteit hanteer by ses verskillende skole se onderskeie matriekafskeide wat by Leopards and Lace gehou is.
• Die buurtwag was verantwoordelik vir die sekuriteit tydens die Hoërskool Sentraal se swemgala.
• Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Uitsig
• Die tak het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
• Taklede het aan die Hollard Daredevil Run deelgeneem. Die doel van dié wedloop is om bewusmaking rondom kanker onder mans te skep.
• Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Hospitaalpark
• Die tak het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
• Taklede het aan die Hollard Daredevil Run deelgeneem. Die doel van dié wedloop is om bewusmaking rondom kanker onder mans te skep.
• Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Bloemfontein-Noord (landelik)
• Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
• Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Bloemfontein-Noord (stedelik)
• Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
• Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Langenhovenpark
• Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
• Taklede het aan die Hollard Daredevil Run deelgeneem. Die doel van dié wedloop is om bewusmaking rondom kanker onder mans te skep.
• Die buurtwag het die SAPD Bainsvlei vergesel tydens ’n operasie in Langenhovenpark.
• Buurtwaglede het die sekuriteit hanteer by ses verskillende skole se onderskeie matriekafskeide wat by Leopards and Lace gehou is.
• Buurtwaglede het saam met die tak se buurtspan slaggate by die kruising van Du Plessis- en Elias Motsoaledistraat opgevul, asook die padmerkers by die drierigtingstop oorgeverf.
• Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Fichardtpark
• Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
• Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Pellissier
• Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
• Taklede het aan die Hollard Daredevil Run deelgeneem. Die doel van dié wedloop is om bewusmaking rondom kanker onder mans te skep.
• Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Rayton-Heuwelsig
• Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
• Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

KWAZULU-NATAL

Algemeen
• AfriForum se Durban-, Amanzimtoti-, Vryheid- en Laer Suidkus-buurtwaglede het ’n operasionele leierskursus voltooi. Hierdie lede is gevolglik gereed om hul gemeenskappe te ondersteun deur gebeurlikheidsplanne op te stel en hulle te help met operasionele beplanning.

Vryheid
• Die buurtwag het vier vroue as VOLK-skietinstrukteurs opgelei om hulle te bemagtig om gevolglik ook ander vroue in hul gemeenskap met basiese vuurwapenvaardighede toe te rus.

Pongola
• Taklede het verskeie strate in Pongola skoongemaak en die vullis verwyder. Hierdie aksie vorm deel van die tak se maandelikse skoonmaakprojek in die dorp.
• Die tak het Nersa versoek om die dorp se elektriese infrastruktuur te oudit. Die takleiers het dit deur ’n tribunaal geskeduleer om die standaard van dienslewering in die uPhongolo Plaaslike Munisipaliteit se elektriese afdeling te bespreek.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf