TAKSUKSESSE: JANUARIE 2026

WES-KAAP

BOLAND

De Doorns

  • Die De Doorns-buurtwag het deurlopend patrollies uitgevoer om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het hul hommeltuig doelgerig ingespan om verdagtes wat by lemoendiefstal betrokke was op te spoor, asook om misdaad in landbougebiede te voorkom.

Helderbergkom

  • Die Helderbergkom-buurtwag en Gordonsbaai-buurtwag het deurlopend patrollies uitgevoer om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het verskeie hoësigbaarheidsoperasies in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsrolspelers gehou waartydens inhegtenisnames uitgevoer is en soektogte na vermiste persone van stapel gestuur is.
  • Die tak was ook aktief betrokke by gemeenskapsverfraaiing, skoonmaakaksies en maatskaplike uitreike.

Overstrand

  • Die Alfa-, Pearly Beach- en Franskraal-buurtwag het deurlopend patrollies uitgevoer om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Alfa-buurtwaglede het verdagtes vasgetrek, gesteelde voertuie met behulp van kameras opgespoor én opgetree teen perlemoenstropery.
  • Die tak het brandbestryders ondersteun tydens die bestryding van veldbrande.

Paarl

  • Die Paarl-buurtwag het deurlopend patrollies uitgevoer om hul gemeenskap te beveilig.
  • Paarl-buurtwaglede het die SAPD ondersteun met verskeie inhegtenisnames, onder meer vir huisbrake en OTM-bedrog.
  • Taklede het ondersteuning gebied tydens die bestryding van veldbrande én tydens ander noodgevalle.

Stellenbosch

  • Die Stellenbosch-buurtwag en Groot Drakenstein-plaaswag het deurlopend patrollies uitgevoer om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig, terwyl hulle ook aan nasionale projekte deelgeneem het.

Strand

  • Die Strand-buurtwag het deurlopend patrollies uitgevoer om hul gemeenskap te beveilig.
  • Strand-buurtwaglede het ondersteuning op verskeie ongelukstonele gebied deur die tonele te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die tak het talle inhegtenisnames help uitvoer.

Worcester

  • Die Worcester-buurtwag het deurlopend patrollies uitgevoer om hul gemeenskap te beveilig.
  • Worcester-buurtwaglede het saam met wetstoepassingsowerhede opgetree teen onwettige betreding en onwettige besetting.
  • Die tak het verskeie opruimings- en beveiligingsaksies suksesvol afgehandel.

Theewaterskloof

  • Die tak het sowel administratiewe as regsaksies geloods – onder meer deur PAIA-aansoeke – om onwettige storting en rioolkwessies aan te pak.

WESKUS

Cederberg

  • Die tak het weekliks skoonmaakaksies langs die kuslyn en by piekniekplekke in Lambertsbaai gehou.
  • Taklede het ook addisionele vullisdromme in die gemeenskap aangebring om netheid te bevorder.

Durbanville

  • Die Durbanville-buurtwag het deurlopend patrollies uitgevoer om hul gemeenskap te beveilig.
  • Durbanville-buurtwaglede het die SAPD tydens operasies ondersteun, hul lede opgelei en infrastruktuur by die plaaslike polisiestasie opgeknap.
  • Die Durbanville-buurtwag het ’n persoon in hegtenis geneem wat sowel privaat as sake-eiendomme in Durbanville onwettig betrek het.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies uitgevoer om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Verskeie buurtwag- en plaaswaglede is suksesvol opgelei as spanleiers vir inligtingspanne.
  • Die Philippi-plaaswag het met die Kaapstad-metro vergader om samewerkingsooreenkomste in plek te stel rakende misdaadvoorkoming in die Philippi- landelike gebied. Die hoof van die metropolisie, die hoof van wetstoepassing en die hoof van verkeer en rampbestuur het ook die vergadering bygewoon.

Kraaifontein

  • Die tak het volgehoue opruimings- en instandhoudingsprojekte uitgevoer en saam met die SAPD en wetstoepassingsowerhede aan verskeie operasies deelgeneem.

Malmesbury

  • Die Malmesbury-buurtwag het deurlopend patrollies uitgevoer om hul gemeenskap te beveilig.

Vredendal-Matzikama

  • Verskeie plaas- en buurtwagte in die gebied het deurlopend patrollies uitgevoer om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het saam met CapeNature en die SAPD opgetree in ’n ondersoek wat tot die inhegtenisneming van verdagtes en die herwinning van gesteelde goedere gelei het.
  • Die Vredendal-buurtwag het in samewerking met die SAPD aan ’n klopjag deelgeneem waartydens 25 mense in Koekenaap in hegtenis geneem is vir die onwettige besit van koperkabels ter waarde van sowat R3 miljoen.

Weskus

  • Die Hopefield- en Hartbeesfontein-plaaswag het deurlopend patrollies uitgevoer om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het sy veiligheidstrukture uitgebrei.

SUID-KAAP

George

  • Verskeie plaas- en buurtwagte het deurlopend patrollies uitgevoer om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het hommeltuigoperasies saam met die SAPD ondersteun, onder meer tydens soektogte na vermiste persone en verdagtes.
  • Taklede het aan talle massapatrollies deelgeneem.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies uitgevoer om hul onderskeie gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ondersteuning gebied tydens soektogte na vermiste persone, paraatheidsoudits uitgevoer en gemeenskapsgeleenthede ondersteun.

Knysna

  • Die tak het voortgegaan met die herstel van kritieke infrastruktuur en die instandhouding van openbare geriewe.
  • Taklede was aktief betrokke by talle omgewingsprojekte en die voorkoming van grondgrype.

Mosselbaai

  • Talle plaas- en buurtwagte in die Mosselbaai-omgewing het deurlopend patrollies uitgevoer om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het hommeltuigoperasies ondersteun, bystand gelewer tydens die bestryding van brande en begin met die oprigting van ’n taktiese beheerkamer.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies uitgevoer om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak was aktief betrokke by die onderhoud van parke, veiligheids- en paraatheidsoudits, die herstel van kritieke infrastruktuur en die aankeer van verdagtes.

Langeberg

  • Die Ashton-buurtwag het deurlopend patrollies uitgevoer om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak was betrokke by talle gemeenskapsprojekte, insluitend ondersteuning aan ’n skuiling vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld.

Swellendam

  • Die Swellendam- en Barrydale-buurtwag het deurlopend patrollies uitgevoer om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Buurtwaglede het ook opleiding ontvang en paraatheidsoudits uitgevoer.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die Elliot-buurtwag het deurlopend patrollies uitgevoer om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan opleidingsgeleenthede deelgeneem.

Cradock

  • Die tak was aktief betrokke by infrastruktuurprojekte soos die opvul van slaggate en die vervanging van stukkende straatligte.
  • Die tak het ’n groot rol gespeel by die vestiging van ’n plaaslike buurtwag.

Jeffreysbaai

  • Die tak het opleiding ontvang, fase 2 van die veiligheidskameraprojek uitgerol en samewerking met veiligheidsrolspelers versterk.

Oos-Londen

  • Die tak het sommige van sy lede vir gespesialiseerde opleiding gestuur.
  • Die tak het ook talle nuwe projekte van stapel gestuur.

Port Elizabeth

  • Verskeie buurt- en plaaswagte het deurlopend patrollies uitgevoer om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak was betrokke by opleiding en gemeenskapsprojekte.
  • Taklede het die SAPD ondersteun tydens ernstige voorvalle.

Uitenhage

  • Die Mosel-buurtwag en Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies uitgevoer om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig, terwyl hulle ook begin het met strukturele samewerking rondom gemeenskapsveiligheid.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die Songloed-buurtwag het slaggate in Songloed opgevul.

Potchefstroom

  • Die buurtwag se 187 lede het 101 patrollies onderneem waartydens 3 430 km in 282 manure afgelê is.
  • Die tak se buurtspan het bome in ’n woonstelkompleks gesnoei.
  • Die tak se omgewingsakeverteenwoordiger het klagtes oor water- en rioollekkasies by die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies (soos elektrisiteitsprobleme en die toestand van die dorp se parke) by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.
  • Taklede het ongeveer 7 km se slaggate in verskeie strate opgevul.

STELLALAND

Vryburg

  • Die tak het die brug by die ingang na die dorp op die Schweizer-Reneke-pad opgeknap deur dit af te skuur en oor te verf. 
  • Taklede het twee leë erwe se gras gesny om sodoende veiligheid in die woongebied op te skerp.
  • Die tak het 2026 goed afgeskop deur skoonmaakprojekte in die dorp van stapel te stuur. Taklede het drie leë erwe se gras gesny en oop stukke veld langs besige roetes se gras gesny. Die doel van hierdie projekte is om veiligheid in woongebiede te verbeter, asook om wegkruipplek vir misdadigers te verminder.

Bloemhof

  • Die tak het tien nuwe vullisdromme in die dorp aangebring. Die doel van hierdie aksie is om ’n skoner en netjieser omgewing vir inwoners te skep. Die tak beoog ook om binnekort ’n verdere 15 vullisdromme aan te bring om die dorp skoon te hou.

MARICO

 

Rustenburg

  • Taklede het sowat 26 000 m² gras gesny met behulp van ’n trekker en bossiekappers.
  • Die tak se buurtspan het saam met Wyk 42 ’n skoonmaakprojek in die Waterval-Oos-gebied gehou. Die doel hiervan was om sigbaarheid te verhoog en lidmaatskap in die area te bevorder wat weer tot nuwe aansluitings gelei het.

 

Zeerust

  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek by die Burghermonument op die dorp. Taklede het in totaal 1 600 m² gras gesny, waarna ’n streepsak gras, blare, takke en ander tuinrommel opgeruim en in ’n sleepwavrag weggery is.

Lichtenburg

  • Die tak het die gedeelte van Kerkstraat rondom die dam help herstel aangesien die pad in ’n haglike en onrybare toestand was. Altesaam 8 ton warm teer – wat deur NWK geborg is – is vir dié projek gebruik. Ander ondernemings wat by hierdie projek betrokke was sluit in Overland Liquors, Cerealis Precision, Coastal Hire, Autoboys en Rousseau Vulstasie. AfriForum bedank elkeen vir hul waardevolle bydrae wat hierdie projek moontlik gemaak het.
  • Tydens ’n ander projek het taklede 48 slaggate in Breëstraat opgevul met behulp van 60 sakke teer. Hierdie herstelwerk is moontlik gemaak deur ’n skenking van die Hoërskool Lichtenburg.
  • Die tak het ook ’n massiewe slaggat voor FNB op die dorp opgevul waarvoor agt sakke teer gebruik is wat deur Pretorius Boerdery geskenk is.

Coligny

  • Die tak het Voortrekkerstraat skoongemaak, waarna vier bakkievragte tuinrommel en vullis weggery is. Hierdie is ’n volhoubare projek van die tak.

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Buurtwaglede het nagenoeg 30 patrollies deur die loop van die maand gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het inwoners gewaarsku oor sekere gebiede in die dorp waar gevaarlike situasies moontlik kan uitspeel en dus eerder vermy moet word.
  • Buurtwaglede het ’n man in hegtenis geneem nadat hy met gesteelde staal in sy besit betrap is.

Heilbron

  • Die tak het akkurate inligting ingesamel oor sowel die beskikbaarheid as die onbeskikbaarheid van water in die dorp.

Sasolburg

  • Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery by die noodapteek.
  • Die tak het met die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit vergader oor onwettige kommunes.
  • Taklede het die plaaslike begraafplaas skoongemaak.
  • Die tak het verskeie groenstroke skoongemaak waartydens gras gesny, bome gesnoei en vullis verwyder is.

Viljoenskroon

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek rondom die Rotariërhuise op die dorp gehou. Taklede het gras gesny, bome gesnoei en vullis verwyder.

HOOGLAND

Bethlehem

  • Die buurtwag het veiligheidsplanne ingeoefen oor hoe om op ’n plaasaanval te reageer.   
  • Buurtwaglede het ’n operasie saam met die SAPD uitgevoer waartydens onwettige immigrante in hegtenis geneem is.
  • Die tak se buurtspan het vullis verwyder.

Bultfontein

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op twee ongelukstonele deur die tonele te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede het ’n bejaarde persoon wat geval het na ’n hospitaal vervoer.
  • Die buurtwag het vlugtig op ’n inbraak gereageer.
  • Buurtwaglede het ’n poging tot inbraak gefnuik danksy hul vinnige optrede.
  • Die buurtwag is deur die publiek ontbied nadat hulle iets verdag opgemerk het.

Winburg

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Kroonstad

  • Die tak het die konsentrasiekampbegraafplaas skoongemaak vir Geloftedagvieringe op die 16de Desember.

ROSESTAD

Algemeen

  • Volhoubare skoonmaakprojekte is by die volgende plekke gehou:
  • Ou Presidensie
  • Pres. Brand-begraafplaas
  • Britsmonument
  • Park in Wilgehof
  • Park in Lucas Steynweg
  • AfriForum-park in Pellissier

AfriForum Vullisverwydering

  • Personeel het ’n totaal van 3 707 sakke vullis opgetel en weggery. Nagenoeg 1 457 km is afgelê.

Wilgehof

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Uitsig

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Hospitaalpark

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Bloemfontein-Noord (landelik)

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Bloemfontein-Noord (stedelik)

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Langenhovenpark

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Fichardtpark

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Pellissier

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Rayton-Heuwelsig

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

KWAZULU-NATAL

Pongola

  • Die tak het 3 ton vullis verwyder.
    • Taklede het die plaaslike begraafplaas se gras gesny.
    • Die tak het die sypaadjies weerskante van die N2-snelweg met onkruiddoder behandel.

Taklede het slaggate in die dorp opgevul.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf