Groenmaand 2026: Statistieke oor vetplante
Plant vetplante uit hul verknorsing! Dis SLIM!
Suid-Afrika spog met van die wêreld se mees unieke vetplante, maar hierdie besondere natuurerfenis is toenemend onder druk. Die onwettige verwydering van en handel in vetplante bedreig veral skaars spesies wat dikwels net in baie klein natuurlike verspreidingsgebiede voorkom. Juis daarom wil AfriForum Onderwys gedurende September met ’n vetplantveldtog bewusmaking oor vetplantstroping skep en terselfdertyd skoolgemeenskappe wys dat elkeen ’n praktiese bydrae tot bewaring kan lewer. Ons moedig skole aan om hul eie vetplanttuine te vestig en leerders om ’n vetplantjie by die huis te kweek en te versorg. Só kan leerders nie net meer oor Suid-Afrika se besonderse biodiversiteit leer nie, maar self deel word van die oplossing. Kom ons help om ons vetplante uit hul verknorsing te plant!

SUID-AFRIKA SE VETPLANTE
Klein plante, Groot biodiversiteit

Die Sukkulente Karoo is die wêreld se enigste volledig droë biodiversiteit.
Dit strek oor dele van Suid-Afrika en Namibië en is wêreldwyd bekend vir sy buitengewone vetplantdiversiteit.
- PLANTSPESIES: ±6 300
- VETPLANTSPESIES: ±1 600
- ENDEMIESE PLANTE: ±38%
“Endemies” beteken hulle kom nêrens anders in die wêreld natuurlik voor nie.
Volgens die International Union for Conservation of Nature (IUCN) is 97% van Suid-Afrika se 210 Conophytum-spesies in ’n bedreigde kategorie.
45% van hierdie spesies is kritiek bedreig.
Conophytum is klein dwergvetplante wat dikwels soos klippies of klein knoppies lyk.

Bron: SANBI – Illegal trade of South Africa’s succulent plants
Vetplante van die Sukkulente Karoo het aangepas om in baie droë toestande te oorleef.
Baie spesies:
- het vlesige blare of stingels wat water stoor;
- het unieke vorms en kleure;
- het baie beperkte natuurlike verspreidingsgebiede; en
- speel ’n belangrike rol in hul ekosisteme.
Vetplante help onder meer om die grondoppervlak te bedek en erosie te beperk.
615 plantspesies in die Sukkulente Karoo word volgens die 2024 die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) se rooilys as bedreig geklassifiseer.
954 plantspesies word as van bewaringsbelang geklassifiseer.
Bron: SANBI Red List of South African Plants, version 2024.1
- BEWONDER
- LEER
- BEWAAR
Koop slegs wettig gekweekte vetplante.
Moenie vetplante uit die natuur verwyder nie.
Leer meer oor Suid-Afrika se unieke vetplante: SANBI – Succulent plants and illegal trade
ONTDEK DIE SUKKULENTE KAROO
SANBI Succulent Karoo Programme (Lees meer)

WAAROM WORD VETPLANTE BEDREIG?
SANBI – Illegal Trade (Lees meer)

KYK SELF NA DIE ROOILYS
SANBI Red List (Soek ’n spesie)