Onwettige strukture en oorbevolking in Heilbron
Ons, die ondergetekende inwoners van Heilbron, bring hiermee ons ernstige besorgdheid oor onwettige strukture en oorbevolking in sekere erwe in ons dorp onder die aandag van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit.
Daar word vermoed dat:
- onwettige strukture op erwe opgerig is sonder nodige goedkeuring; en dat
- erwe wat bedoel is vir een huisgesin, tans deur talle mense bewoon word, wat lei tot
- sosiale probleme (geraas, ongesondheid, dwelmhandel, prostitusie) en
- druk op munispale dienste (water, elektrisiteit, vullisverwydering, riolering).
Ons eis:
- ’n Dringende ondersoek deur die munisipaliteit na:
- die wettigheid van strukture in verdagte erwe
- die aantal mense wat op een erf mag woon volgens munisipale verordeninge
- Stappe teen eienaars/oortreders, insluitend:
- boetes of afbreek van onwettige strukture
- beperking op oorbevolking
Indien jy kennis dra van sulke gevalle, meld dit aan by die munisipaliteit met die betrokke erfadres.
Skep momentum deur hierdie inligting te deel! Ons gemeenskap verdien veiligheid en ordentlike beplanning.
Alle velde wat met ’n * gemerk is, is verpligtend.
"*" indicates required fields