Malema gevonnis!
Agt jaar sedert die leier van die EFF, Julius Malema, skote in die lug afgevuur het voor ’n skare van 20 000 mense, is hy vandag uiteindelik in die Oos-Londense Landdroshof tot vyf jaar effektiewe tronkstraf gevonnis.
Volgens AfriForum se hoofwoordvoerder van Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, bewys die vonnis wat landdros Twanet Olivier aan Malema opgelê het, dat niemand – nie eens hooggeplaaste politici – bo die reg verhewe is nie.



