Jóú en AfriForum se gesamentlike OVK-verslag

16/05/2019

Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:

Die burgerregte-organisasie AfriForum is van mening dat die nasionale verkiesing op 8 Mei 2019 grootliks vlot, hoewel nie perfek nie, verloop het.

AfriForum se terugvoer en besware ten opsigte van die waarneming van die verkiesing sal in ’n verslag aan die OVK vervat word. “Ons wil seker maak dat die proses selfs beter werk in 2021, wanneer die volgende plaaslike verkiesing gehou word,” sê dr. Eugene Brink, AfriForum se strategiese raadgewer vir gemeenskapsake.

Volgens Brink was daar egter ook sekere probleme en kommerwekkende tendense te bespeur. “Sommige waarnemers het vermeld dat sekere stemlokale laat oopgemaak het omdat daar nie skandeerders, stembriefhouers en stembriewe gereed was nie. Party stemlokale was klaarblyklik onvoorbereid en by sommige plekke was die stembriewe al vroeg op. Dít het weer druk op ander nabye stemlokale geplaas om nóg mense te akkommodeer.”

Jóú ervaring en storie kan verseker dat die proses selfs beter werk in 2021. Graag versoek ons dat indien jy of iemand waarvan jy weet ’n negatiewe ervaring by enige stemlokaal gehad het, julle dit asseblief met ons sal deel.

Oops! We could not locate your form.

Die burgerregte-organisasie AfriForum is van mening dat die nasionale verkiesing op 8 Mei 2019 grootliks vlot, hoewel nie perfek nie, verloop het. AfriForum se terugvoer en besware ten opsigte van die waarneming van die verkiesing sal in ’n verslag aan die OVK vervat word. “Ons wil seker maak dat die proses selfs… [Lees meer]

Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:

Die burgerregte-organisasie AfriForum is van mening dat die nasionale verkiesing op 8 Mei 2019 grootliks vlot, hoewel nie perfek nie, verloop het.

AfriForum se terugvoer en besware ten opsigte van die waarneming van die verkiesing sal in ’n verslag aan die OVK vervat word. “Ons wil seker maak dat die proses selfs beter werk in 2021, wanneer die volgende plaaslike verkiesing gehou word,” sê dr. Eugene Brink, AfriForum se strategiese raadgewer vir gemeenskapsake.

Volgens Brink was daar egter ook sekere probleme en kommerwekkende tendense te bespeur. “Sommige waarnemers het vermeld dat sekere stemlokale laat oopgemaak het omdat daar nie skandeerders, stembriefhouers en stembriewe gereed was nie. Party stemlokale was klaarblyklik onvoorbereid en by sommige plekke was die stembriewe al vroeg op. Dít het weer druk op ander nabye stemlokale geplaas om nóg mense te akkommodeer.”

Jóú ervaring en storie kan verseker dat die proses selfs beter werk in 2021. Graag versoek ons dat indien jy of iemand waarvan jy weet ’n negatiewe ervaring by enige stemlokaal gehad het, julle dit asseblief met ons sal deel.

Oops! We could not locate your form.

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Maak ’n donasie

Naam en van*