Ondersteun die Bokkieweek

15/07/2026
Bokkie week Banner

Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:

Kultuurgebaseerde geleenthede is ’n normale verskynsel onder alle kultuurgemeenskappe. Sulke geleenthede word egter nie deur News24 en ideologies-gedrewe politici aan Afrikaners gegun nie. Vandaar hulle pogings om die kultuurgebaseerde Bokkieweek met leuens te probeer kelder.

Daarenteen borg AfriForumdie Bokkieweek omdat ons glo in die reg van kultuurgemeenskappe om byeenkomste aan te bied en omdat die Bokkieweek nuwe geleenthede vir dié jong Afrikaners skep wat weens streng rasgebaseerde kwotas in ander provinsiale sporttoernooie benadeel word.

Jý kan ook die Bokkieweek teen aanvalle ondersteun!

Word ’n Bokkieweeklid van AfriForum: AfriForum het in samewerking met Bokkieweek ’n spesiale lidmaatskapkategorie geskep waarvan die inkomste gebruik sal word om die Bokkieweek verder uit te bou enhelp beskerm.

Jy kan aansluit by hierdie kategorie deur hier te klik. En/of voeg jou naam hier onder by as ondersteuner van die Bokkieweek.

Dít is waarom AfriForum die Bokkieweek ondersteun:

  • News24 en sommige anti-Afrikaner politici beledig Afrikaners deur ons kultuur en kultuurgeleenthede as rassistiese oorblyfsels van apartheid uit te beeld. Ons sal ons nie laat beledig deur diegene wat ons niks gun nie.
  • Die Bokkieweek skep ook ’n nuwe geleentheid vir insluiting vir dié jong Afrikaners wat weens streng rasgebaseerde kwotas in provinsiale skolesporttoernooie benadeel word.
  • Die Bokkieweek is ’n gemeenskapsinisiatief. Geen befondsing word daarvoor van enige regeringsowerheid gevra nie – dit word deur die gemeenskap self georganiseer en gefinansier.
  • Kultuurgeleenthede is heeltemal normaal. Daar word letterlik honderde kultuurbyeenkomste en kultuurgeleenthede binne Suid-Afrika se verskillende kultuurgemeenskappe aangebied. Dit sluit onder meer die Zoeloegemeenskap se Rietdans, rieldansbyeenkomste in Khoi- en Sangemeenskappe, inisiasieskole, feeste in tradisionele gemeenskappe wat ook sport insluit, die Joodse Maccabi-sportweke, Ramadan-sokkertoernooie en die Bokkieweek in. Geleenthede soos die Rietdans word nooit as byeenkomste “slegs vir swartmense” bestempel nie. Daarteenoor gaan mense wat die waardigheid van Afrikaners minag, soos dié verbonde aan News24, voort om ons kultuur valslik te reduseer tot iets wat kwansuis “wit rassisme” sou verteenwoordig.
  • AfriForum is trots daarop om kultuurbyeenkomste te ondersteun in die gees van die grondwetlike beginsel van eenheid in verskeidenheid. Ons doen dit deur samewerkingsooreenkomste met tradisionele gemeenskappe, asook deur AfriForum se borgskap van die Mark Fish-stigting se sokkerklinieke in tradisionele gemeenskappe en die Bokkieweek.

Jy kan Bokkieweek ondersteun. Sluit vandag nog by AfriForum aan.

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
This field is hidden when viewing the form
Naam en van*

Jy kan Bokkieweek ondersteun. Sluit van by AfriForum aan.

15/07/2026

Ondersteun die Bokkieweek

Kultuurgebaseerde geleenthede is ’n normale verskynsel onder alle kultuurgemeenskappe. Sulke geleenthede word egter nie deur News24 en ideologies-gedrewe politici aan Afrikaners gegun nie. Vandaar hulle pogings om die kultuurgebaseerde Bokkieweek met leuens te probeer kelder. Daarenteen borg AfriForumdie Bokkieweek omdat ons glo in die reg van kultuurgemeenskappe om byeenkomste aan… [Lees meer]
Bokkie week Banner

Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:

Kultuurgebaseerde geleenthede is ’n normale verskynsel onder alle kultuurgemeenskappe. Sulke geleenthede word egter nie deur News24 en ideologies-gedrewe politici aan Afrikaners gegun nie. Vandaar hulle pogings om die kultuurgebaseerde Bokkieweek met leuens te probeer kelder.

Daarenteen borg AfriForumdie Bokkieweek omdat ons glo in die reg van kultuurgemeenskappe om byeenkomste aan te bied en omdat die Bokkieweek nuwe geleenthede vir dié jong Afrikaners skep wat weens streng rasgebaseerde kwotas in ander provinsiale sporttoernooie benadeel word.

Jý kan ook die Bokkieweek teen aanvalle ondersteun!

Word ’n Bokkieweeklid van AfriForum: AfriForum het in samewerking met Bokkieweek ’n spesiale lidmaatskapkategorie geskep waarvan die inkomste gebruik sal word om die Bokkieweek verder uit te bou enhelp beskerm.

Jy kan aansluit by hierdie kategorie deur hier te klik. En/of voeg jou naam hier onder by as ondersteuner van die Bokkieweek.

Dít is waarom AfriForum die Bokkieweek ondersteun:

  • News24 en sommige anti-Afrikaner politici beledig Afrikaners deur ons kultuur en kultuurgeleenthede as rassistiese oorblyfsels van apartheid uit te beeld. Ons sal ons nie laat beledig deur diegene wat ons niks gun nie.
  • Die Bokkieweek skep ook ’n nuwe geleentheid vir insluiting vir dié jong Afrikaners wat weens streng rasgebaseerde kwotas in provinsiale skolesporttoernooie benadeel word.
  • Die Bokkieweek is ’n gemeenskapsinisiatief. Geen befondsing word daarvoor van enige regeringsowerheid gevra nie – dit word deur die gemeenskap self georganiseer en gefinansier.
  • Kultuurgeleenthede is heeltemal normaal. Daar word letterlik honderde kultuurbyeenkomste en kultuurgeleenthede binne Suid-Afrika se verskillende kultuurgemeenskappe aangebied. Dit sluit onder meer die Zoeloegemeenskap se Rietdans, rieldansbyeenkomste in Khoi- en Sangemeenskappe, inisiasieskole, feeste in tradisionele gemeenskappe wat ook sport insluit, die Joodse Maccabi-sportweke, Ramadan-sokkertoernooie en die Bokkieweek in. Geleenthede soos die Rietdans word nooit as byeenkomste “slegs vir swartmense” bestempel nie. Daarteenoor gaan mense wat die waardigheid van Afrikaners minag, soos dié verbonde aan News24, voort om ons kultuur valslik te reduseer tot iets wat kwansuis “wit rassisme” sou verteenwoordig.
  • AfriForum is trots daarop om kultuurbyeenkomste te ondersteun in die gees van die grondwetlike beginsel van eenheid in verskeidenheid. Ons doen dit deur samewerkingsooreenkomste met tradisionele gemeenskappe, asook deur AfriForum se borgskap van die Mark Fish-stigting se sokkerklinieke in tradisionele gemeenskappe en die Bokkieweek.

Jy kan Bokkieweek ondersteun. Sluit vandag nog by AfriForum aan.

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
This field is hidden when viewing the form
Naam en van*

Jy kan Bokkieweek ondersteun. Sluit van by AfriForum aan.

Word ’n lid

Maak ’n donasie

Ons is Afrikaners